Vrektes

← Terug na indeks
  • Bosvarkies vrek

    Ek het so 3 weke terug 11 bosvarkies van toe ‘n maand oud in Warmbadomgewing gaan koop en hulle na Springsomgewing gebring. Hulle was baie gelukkig in hul grashokkie terwyl ek die ander hokke se vloere met sement gegooi het. Ek het eers Limpopo grasdoder gegooi dan water en dan die sement. Ek het ‘n week gewag voor ek die varke geskuif het na die sementhok toe. Ek het vir hulle so ‘n week terug vrugteskille saam met die meel…
    • Bosluisentstof red bastergemsbokke

      Ek soek meer inligting oor vrektes in Bastergemsbokke wat deur Theileriose veroorsaak word en hoe ‘n mens die siekte kan voorkom?
      • Bastergemsbokke en kalwervrektes

        Ons het 25 roans. Hulle word elke dag gevoer. Kry 25 kg Feedpro wildspille en een baal lusern. Dit word in 25 bakke verdeel. Daar is 11 vroulike diere wat gekalf het, maar ons het slegs 2 groot gekry. Ons het 4 kleintjies se karkasse gekry, moontlik jakkalse. Van die ander 5 kan nie rekenskap gegee word nie. Is die voeding voldoende? Die diere is ook skraler as verlede jaar. Die koeie het al Mei begin kalf. Kan dit dalk…
        • Verlammingbosluisvrektes in wild

          Ek sukkel tans met verlammingsbosluise op ons plaas in Burgersdorp (Oos-Kaap). Ek weet dit is nie die gemsbokke en rooibokke se omgewing nie, maar dit is tans die probleem waarmee ek sukkel. Ek het al 12 gemsbokke van 20 verloor. Ek het Duncan Applicators uitgesit met Delete All, maar dan neem die dominante diere die applicator oor en kry die gemsbokke nie van die aktief nie. Is daar dalk ander maniere hoe ek hul bosluise kan beheer? Hul is wild…
          • Wildebeesvrektes

            Ek het n klompie blouwildebeeste en die laaste 4 maande vrek gereeld een of 2 , hulle kondisie is goed en die veld is in goeie toestand, wat kan die oorsaak wees. Groete Mynhartd Loubser 1- My plaas is in die Jansenvilledistrik teen die Paardeberg so 10km wes vanaf Darlington Dam 2- Plaasgrootte is 510 hektaar sonder enige binne heinings. 3- Ons het geen vee op die plasie nie, slegs wild!   4- Weiding bestaan uit grasvlaktes en berg met…
            • Hoekom vrek my wild?

              Ek het onlangs wild by bekende wildboere gekoop. Die wild was baie gesond en kom uit die Karoo. Ná so 2 tot 3 weke op my plaas in die Ceres Karoo vrek die wild. Daar is al wild wat daar gevestig is, soos elande, gemsbokke, springbokke en volstruise. Maar die eland wat ek gekoop het, het gevrek. Vyf rooihartebeeste het ook onlangs daar gevrek. - Patrick (piwilliams250@hotmail.com)