-
-
Hoe kan ek Q-koors opdoen en wat is die simptome?
-
Waar kan ek inligting van siektes in wild in Afrika kry?
-
Volgens die siekterapporteringstelsel van RuVASA (www.ruvasa.co.za) word hondsdolheid wydverspreid aangemeld. Watter voorsorgmaatreëls kan getref word?
-
Hoe ver kan die snotsiekte virus versprei?
-
Ek wil net graag uitvind watse effek het Karooverlammingsbosluie op wild ? Veral op swartwitpens , nyala , tsetsebe en lechwe. Ek hoor ook graag hoe ek dit kan behandel.
-
Ek het so 3 weke terug 11 bosvarkies van toe ‘n maand oud in Warmbadomgewing gaan koop en hulle na Springsomgewing gebring. Hulle was baie gelukkig in hul grashokkie terwyl ek die ander hokke se vloere met sement gegooi het. Ek het eers Limpopo grasdoder gegooi dan water en dan die sement. Ek het ‘n week gewag voor ek die varke geskuif het na die sementhok toe. Ek het vir hulle so ‘n week terug vrugteskille saam met die meel…
-
Ek het ‘n blouwildebeesbulkalf wat seer gekry het en ‘n week oud is by ‘n wildboer gekry. Ek het die kalf deur gekry met beesmelk en ‘n tetrasiklien gespuit. Die kalf is nou 3 weke oud en baie mak. Die vraag is nou: Kan ek die blouwildebeeskalf tussen die beeskalwers sit of is my risiko te groot dat die kalf snotsiekte kan oordra? Kan ek die blouwildebeeskalf iets spuit vir voorkoming of laat toets of hy snotsiekte het of nie?…
-
Waar kan ek meer inligting bekom oor wildsiektes in Afrika?
-
Ons het onlangs tefbale vervoer en die trok het nie seile daaroor gehad nie en die tefbale het nat gereën. Kan dit enige invloed op die kwaliteit van die produk hê?