Parasiete en parasietbeheer

← Terug na indeks
  • Verlammingbosluise en wild

    Ek wil net graag uitvind watse effek het Karooverlammingsbosluie op wild ? Veral op swartwitpens , nyala , tsetsebe en lechwe. Ek hoor ook graag hoe ek dit kan behandel.
    • Masels in wild

      Vier rooibokke is die afgelope naweek geskiet asook ‘n blou wildebees. Die rooibokke was besmet met die blasies, maar die blou wildebees nie. Gelukkig het die jagter, wat ook self sy vleis bewerk, dit opgemerk. Ek as wildboer wil graag weet wat ons te doen staan met die bekamping van hierdie siekte en hoe kan ons te werk gaan sodat dit nie weer voorkom nie. M.a.w. wat is op die mark wat ons kan toedien en hoe lank neem dit…
      • Wildparasiete – Lesse vir parasietbeheer in produksiediere

        Watter lesse kan ons uit die natuur leer vir die beheer van parasiete in diere?
        • Bosluisentstof red bastergemsbokke

          Ek soek meer inligting oor vrektes in Bastergemsbokke wat deur Theileriose veroorsaak word en hoe ‘n mens die siekte kan voorkom?
          • Luise op vlakvarke

            Ek het onlangs 'n vlakvarkbeer geskiet wat behoorlik met goggas, grys van kleur met groterige agterlywe, besmet was. Ek vermoed dit was luise. Daar was ook hordes eiers aan sy hare geheg. Vleis se voorkoms was mooi gesond en is bewerk. Het nou begin twyfel of dit vir menslike gebruik geskik is. Gewone ouens wat ek gevra het, sê meeste diere is besmet en dit pla nie met gebruik nie. Dankie, Daan Venter.
            • Bosluis- en endoparasietbeheer in beeste en wild

              Hoe kan beeste in Mei/Junie behandel word vir bosluise via 'n lek? Sommige beeste wat wild is, kan nie in 'n kraal gejaag word nie. Hulle hare val uit en dit vertoon soos sweetsiekte. Kan mens iets soos Ivomec verdun en in 'n lek meng en so die beeste behandel?
              • Opgietmiddels vir wild

                Is daar 'n dipmiddel wat ek kan gebruik in 'n Tick-off toedieningstoestel in die swartwitpensteelkamp wat inwendige sowel as uitwendig parasiete kan beheer soos bv. haarwurm en bosluise.
                • Verlammingbosluisvrektes in wild

                  Ek sukkel tans met verlammingsbosluise op ons plaas in Burgersdorp (Oos-Kaap). Ek weet dit is nie die gemsbokke en rooibokke se omgewing nie, maar dit is tans die probleem waarmee ek sukkel. Ek het al 12 gemsbokke van 20 verloor. Ek het Duncan Applicators uitgesit met Delete All, maar dan neem die dominante diere die applicator oor en kry die gemsbokke nie van die aktief nie. Is daar dalk ander maniere hoe ek hul bosluise kan beheer? Hul is wild…
                  • Siektes by Elande

                    'n Boer in die Oudtshoorn / Calitzdorp omgewing sukkel vreeslik met sy Elandpopulasie. Die elande loop nou al 2 jaar op die plaas, maar is nog steeds nie aangepas tot die omgewing nie. Vroe?r in die jaar het hul 'n hele paar sterftes gekry a.g.v. parasiete en spesifiek ook spykerwurm wat hierdie afgelope somer nogal in die Karoo gevind is. Op die oomblik het hul elande 'n rooi / pienk uitslag onder hul lieste en pense. Wat kan dit veroorsaak…
                    • Masels in wildsbokke

                      Ek het ’n week gelede gejag en ‘n verskynsel gekry wat ek nog nooit in al my jare van jag gesien het nie. Snaakse goed in die skouerspier van ’n Gemsbok. Dit vir my veearts gevat vir ontleding en vandag die verslag teruggekry dat dit lintwurm is. My vraag is nou, kan mens nog steeds die biltong en dro? wors nuttig wat van die bok gemaak is? Hulle sê mens moet die vleis goed gaar kook, maar in die geval…