Vlakvarke

← Terug na indeks
  • Vlakvarke se nes

    Watter dier maak 'n nes van gras ongeveer 2m wyd x 3m lank x 0.5m diep. Ek het op die "nes" afgekom terwyl ek op die plaas rondloop in die Thabazimbi-omgewing. Daar was spore, maar onherkenbaar. Ek het foto’s geneem en dit is beskikbaar. Groete Heindrich
    • Luise op vlakvarke

      Ek het onlangs 'n vlakvarkbeer geskiet wat behoorlik met goggas, grys van kleur met groterige agterlywe, besmet was. Ek vermoed dit was luise. Daar was ook hordes eiers aan sy hare geheg. Vleis se voorkoms was mooi gesond en is bewerk. Het nou begin twyfel of dit vir menslike gebruik geskik is. Gewone ouens wat ek gevra het, sê meeste diere is besmet en dit pla nie met gebruik nie. Dankie, Daan Venter.