Springbokke

← Terug na indeks
  • Verlammingbosluise en wild

    Ek wil net graag uitvind watse effek het Karooverlammingsbosluie op wild ? Veral op swartwitpens , nyala , tsetsebe en lechwe. Ek hoor ook graag hoe ek dit kan behandel.
    • Hartwater bestande wild

      Ek wil graag weet of daar met hartwaterbestande elande geboer word? Kan 'n mens self elande koop wat bestand is teen hartwater en met hulle boer? Is dit valse aannames om van hartwaterbestande wild te praat? En verder, kan mens net in 'n hartwatergebied diere teel wat teen die siekte bestand is of kan mens byvoorbeeld in die Kalahari met die diere teel en dan verkoop as bestand?
      • Teling met springbokke

        Ek het ‘n plaas in die Noord-Kaap te Olifantshoek. Ek het agtergekom dat daar ‘n tekort aan springbokke is en wil met hulle begin teel. Daar is ‘n veiling die einde van die maand en daar is Kalaharispringbokke te koop. Ek wil net seker maak oor die volgende: Hoeveel ooie per ram? Kan ramme saam loop in kampe as ek intensief met hulle gaan boer, bv. 30 ooie en 3 ramme? Ek is bang dat die mees dominante ram die…
        • Hartwater weerstandige springbokke

          Hoe kry ‘n mens springbokkies uit die Kalahari weerstandbiedend teen hartwater in Polokwane?
          • Springbokkloue wat uitgroei

            Ek het ‘n mak springbokram op my kleinhoewe. Dit lyk vir my of sy kloue baie lank geword het. Ek weet nie of ek dit net altyd misgekyk het nie, maar ek sien dit nou heeltyd raak. Is dit normaal of moet iets daaraan gedoen word?
            • Slenkdalkoors in wild (2)

              Ek wil graag weet of Slenkdalkoors in gewone wild soos koedoes, gemsbokke en springbokke kan voorkom ? Het iemand dit al waargeneem en bevestig ? Dankie, Andries.
              • Gifblaarvergiftiging in wild

                Gifblaar is verspreid oor my 50 hektaar plaas in die Cullinandistrik. Wat stel u voor kan ek op die veld laat wei om die gras kort te hou? Kan pluimvee ook vrek van die gifblaar as ek hul in ’n deel toe kamp? Kan ek bergbokkies, donkies en perde ook in die in die kamp laat wei? Watter wild kan ek daarop aanhou? Kan u my asb raad gee?
                • Velpapievlieë in springbokke

                  Verlede naweek het ek 'n paar springbokke op 'n plaas naby Murraysburg geskiet. Een van hulle het snaakse blase op sy rug gehad. As op die blase gedruk word, het vet maaiers uitgekom, ongeveer 1 cm dik en net oor 1 cm lank. Die boer het gesê dat aangesien hulle net in die vel woon, die springbok se vleis heeltemal veilig is om te eet. Ek het dit nooit tevore op 'n springbok gesien nie. Is die bok se vleis…