Rooibokke

← Terug na indeks
  • Aggressiwiteit in kleinwild

    Word ‘n rooibokooi meeste gedood deur ‘n rooibokram of ‘n bosbok of Njala? Ons probeer vasstel watter bokspesie ‘n bokooi gedood het. Sy is gedood deur stampe wat longbeserings veroorsaak het.
    • Wild om soetdoring en kameeldoring te beheer

      Ek boer in die Delareyville omgewing, het drie kampe op my grond (ongeveer 70 hektaar elk) wat redelik dig begroei is met soetdoring en kameeldoring boompies. Watter soort wildsbokke kan ek in hierdie kampe sit om te help met die bekamping van digte groei?
      • Area benodig vir ‘n paar rooibokke

        Ek het `n naweekplot van 8,5 hektaar in Kromdraai tussen Thabazimbi en Bela-Bela. Ek het die grond gekoop vir naweek wegbreek. Graag wil ek verneem of die volgende goeie praktyk sal wees? EK is tans besig om 3 x 1000 L "guzzlers" te bou vir reënwater opvangs. Ek het ook een groot ongeveer 400 vierkante meter dam en twee kleiner sementdamme. Ek wil baie graag so 6 - 8 rooibokooie met een ram op die grond sit. Neem kennis asb.…
        • Voeding vir rooibokke

          Ek wil graag weet wat kan ek rooibokke voer? Ons het op die oomblik heel gedroogte wit mielies, lusern en melassemeel gemaal, maar hulle is nie mal daaroor nie. Is daar iets wat ek kan bymeng?