Buffels

← Terug na indeks
  • Regulasies rakende buffelboerdery

    Waar kan ek inligting kry oor die Staat se regulasies betreffende die bestuur van buffels? Ek soek veral inligting oor siektebeheer.
    • Hartwater in buffelkalwers

      Ons het onlangs tefbale vervoer en die trok het nie seile daaroor gehad nie en die tefbale het nat gereën. Kan dit enige invloed op die kwaliteit van die produk hê?
      • Gevaar van siektes vir skoon buffels

        Ek het onlangs skoon buffels gekoop. Moet ek my blouwildebeeste en rooihartbeeste tot niet maak, weens die moontlikheid van snotsiekte en is daar ander siektes waaroor ek bekommerd behoort te wees? Die buffels loop wel in 'n aparte kamp.
        • Buffelboerdery

          Ek wil begin om met skoon buffels te boer. My idee is om met ‘n klein teelgroepie te begin bv. 1 Bul en 2 of 3 dragtige verse . Nou is my vraag : Hoe en waar begin ek ? Ek het regtig alle inligting nodig oor hoe om met Buffels te begin boer. Danie Nel , Ellisras.
          • Buffels: Registrasie (plaasvrystelling)

            Ons het drie maande gelede 5 skoon buffels in die Rustenburg omgewing gekoop. Hulle staan tans in ‘n boma by die verkoper. Ons plaas het reeds wildvrystelling en die nodige boma en omheining is reeds in plek. Veldontleding en alle nodige aansoekvorms is reeds 3 maande gelede ingedien by die staatsveearts en Limpopo Natuurbewaring. Na herhaalde oproepe en fakse na albei die partye is daar nog geen vordering nie. Kan iemand ons help met die regte prosedure en kontakpersone sodat…
            • Voorkoms van Slenkdalkoors

              Vanjaar was die voorkoms van Slenkdalkoors wydverspreid. Kan julle vir my ‘n aanduiding gee waar die siekte vandaan kom en waarom die siekte hierdie jaar so erg was?
              • Slenkdalkoors in wild (2)

                Ek wil graag weet of Slenkdalkoors in gewone wild soos koedoes, gemsbokke en springbokke kan voorkom ? Het iemand dit al waargeneem en bevestig ? Dankie, Andries.
                • Wil met wild boer

                  Ek wil graag meer uitvind aangaande wildboerdery in SA. Ek beplan om binnekort met buffels en ander groot wildsoorte te begin boer en moet inderhaas die beste raad daaromtrent inwin.Watter area is die beste vir buffels, waar om te koop, alle siektes en plae, ens. Kan u my asb so gou moontlik help met inligting of verwys na mense wat in die bedryf is of ander kundiges. Ek dank u by voorbaat
                  • Lamsiekte by wild

                    Hoe gereeld kry gemsbokke lamsiekte? En hoe kan ek dit voorkom en behandel? Area is in Hantam naby Nieuwoudtville. Baie dankie. D.Lotter
                    • Buffels en bloedlyne

                      Is daar 'n werklik wesenlike verskil tussen die verskillende buffelbloedlyne? Is daar 'n manier waarop die verskillende bloedlyne nl. Addo-, Zambiese-, Oos-Afrika- en Kruger buffels uitgeken kan word? Is daar 'n voordeel in om die bloedlyne suiwer te hou