Diersoorte

← Terug na indeks
  • Aggressiwiteit in kleinwild

    Word ‘n rooibokooi meeste gedood deur ‘n rooibokram of ‘n bosbok of Njala? Ons probeer vasstel watter bokspesie ‘n bokooi gedood het. Sy is gedood deur stampe wat longbeserings veroorsaak het.
    • Black wattle as voeding vir wildsbokke

      Ons wil van ons njalas na 'n ander plaas van ons skuif waar daar slegs gras en black wattle is. Sal die njalas black wattle vreet en hoe goed is sy voedingswaarde. Ek hoor daar is boere wat klein bome fyn maal vir beeste. U terugvoer sal waardeer word.
      • Wild om soetdoring en kameeldoring te beheer

        Ek boer in die Delareyville omgewing, het drie kampe op my grond (ongeveer 70 hektaar elk) wat redelik dig begroei is met soetdoring en kameeldoring boompies. Watter soort wildsbokke kan ek in hierdie kampe sit om te help met die bekamping van digte groei?
        • Wild op lusernlande

          Ek wil graag hoor of ek swartwitpense en njalas permanent op lusernlande kan laat loop. Ek is bang hulle blaas op.
          • Verspreiding van die snotsiekte virus

            Hoe ver kan die snotsiekte virus versprei?
            • Verlammingbosluise en wild

              Ek wil net graag uitvind watse effek het Karooverlammingsbosluie op wild ? Veral op swartwitpens , nyala , tsetsebe en lechwe. Ek hoor ook graag hoe ek dit kan behandel.
              • Bosvarkies vrek

                Ek het so 3 weke terug 11 bosvarkies van toe ‘n maand oud in Warmbadomgewing gaan koop en hulle na Springsomgewing gebring. Hulle was baie gelukkig in hul grashokkie terwyl ek die ander hokke se vloere met sement gegooi het. Ek het eers Limpopo grasdoder gegooi dan water en dan die sement. Ek het ‘n week gewag voor ek die varke geskuif het na die sementhok toe. Ek het vir hulle so ‘n week terug vrugteskille saam met die meel…
                • Omgewingstoestande se invloed op steenbokkies

                  Graag wil ek hoor wat se invloed dit sal hê op die steenbokkies as ons ‘n kamp maak vir hulle naby aan die ingang van die plot waar motors so af en toe deur ry en mense op en af beweeg? . Sal dit ‘n groot negatiewe invloed hê of word die steenbokkies vinnig mak en gewoond aan mense?
                  • Vereistes vir teling van tiere

                    Wat is die vereistes om tierwelpies aan te hou en 'n teelprojek te begin?
                    • Wildebees kalwers kan snotsiekte oordra

                      Ek het ‘n blouwildebeesbulkalf wat seer gekry het en ‘n week oud is by ‘n wildboer gekry. Ek het die kalf deur gekry met beesmelk en ‘n tetrasiklien gespuit. Die kalf is nou 3 weke oud en baie mak. Die vraag is nou: Kan ek die blouwildebeeskalf tussen die beeskalwers sit of is my risiko te groot dat die kalf snotsiekte kan oordra? Kan ek die blouwildebeeskalf iets spuit vir voorkoming of laat toets of hy snotsiekte het of nie?…