Wil begin boer

← Terug na indeks
  • Wil met boerbokke boer, in vennootskap

    Ek wil in 'n venootskap intree waar ons met boerbokke gaan boer. Die boerbokke gaan op my grond loop en ek en my vennoot gaan die boerbokke saam koop. (ons beplan n 50/50 vennootskap). Ons is opsoek na voorstelle vir 'n billike ooreenkoms waar ek onkostes spaar of vergoed word vir die feit dat die bokke op my grond gaan loop, sonder om die vennootskap nie die moeite werd te maak nie. Moontlik moet my vennoot die ekstra doserings- en…
    • Finansiering van boerdery om te begin

      Graag wil ek meer uitvind of inligting hê rakende boerderyfinansiering vir iemand wat van die grond af wil begin boer. Ek praat nou van finansiering vir 'n intensiewe skaapboerdery 1. Plaas koop of huur 2. Infrastruktuur 3. Vaste Bates (Feedgrow-kas) 4. Bedryfsbates (teelvee) 5. Bedryfsbates (voervee) Watter instansies kan my help en wat sal die termyne wees vir elk van die punte waarvoor 'n lening aangegaan moet word?
      • Nuwe deeltydse boer

        Ek is besig om 'n stukkie grond van 30 hektaar in die Groot Marico / Zeerust omgewing te koop. Die grond is baie klipperig, so geen lande. Wil weet watter tipe boerdery kan ek navorsing doen in vir die spesifieke omgewing vir deeltydse boerdery met die oog, as dit volhaarbaar is, permanent te maak.
        • Wil begin boer, soek kapitaal

          Ek en my broer het twee stukke grond gekry by familie en is in besit van die aktes. Daar is geen skuld op grond nie en dit is klaar betaal. Ons soek kapitaal om die grond te ontwikkel vir piesangs. Water is ook geen probleem nie, het voldoende ingelyste kwota. Sal waardeer as iemand ons raad kan gee.
          • Winsgewendheid van 10 tot 12 kalwers

            Ek het onlangs 'n stukkie grond bekom (6ha) en wil 'n deeltydse boerdery daar vestig. My gedagte is om speenkalwers (180kg) in te koop af te rond tot op 220kg en weer aan die voerkrale te verkoop. Ek het ingelyste water beskikbaar om voer te plant op ongeveer 4ha en ook dan voer in te koop soos benodig. My vraag is sal dit winsgewind wees om so 'n boerdery te bedryf met so 10 tot 12 kalwers in siklus? Wil…