Wild

← Terug na indeks
  • Hartwater bestande wild

    Ek wil graag weet of daar met hartwaterbestande elande geboer word? Kan 'n mens self elande koop wat bestand is teen hartwater en met hulle boer? Is dit valse aannames om van hartwaterbestande wild te praat? En verder, kan mens net in 'n hartwatergebied diere teel wat teen die siekte bestand is of kan mens byvoorbeeld in die Kalahari met die diere teel en dan verkoop as bestand?
    • Kaapse goue mol

      Ons het vandag ‘n swarterige mol in ons motorhuis gekry en het gedink hy is dood. Ons het hom op ‘n warmwatersak gesit en siedaar hy het lewe getoon. Die vraag is nou, wat kan ons hom gee om te eet? Kan hy byt? Kan ons hom vrylaat waar daar molshope is? Ek heg ‘n foto van die mol aan en wonder of hy nog ‘n jongeling is?
      • Vatbaarheid van wilde diere vir hartwater

        Ek wil graag ‘n duiker skuif van ‘n gebied waar daar nie hartwater voorkom nie na ‘n hartwatergebied. Is duikers vatbaar vir hartwater?
        • Tamboekiegras neem weiding oor

          Ons het ’n 250 hektaar wildsplasie te Thabazimbidistrik en tamboekiegras is besig om onrusbarend toe te neem. Blouwildebeeste/sebras is aangekoop om die gras beter te benut, maar dit is steeds kommerwekkend. Na vele navorsing en oorwegings is beluit on die gras "meganies" te bestry deur dit fisies af te sny. Watter tyd van die jaar sou die aksie die optimale impak hê? Wilhelm Dreyer
          • Aangeplante weiding vir wild onder spilpunt in Mpumalanga

            Ek is tans besig om ‘n 45 ha spilpunt in die wildskamp op te sit waar ek graag aangeplante weiding vir wild wil vestig. Ons is in die Groblersdal, Marble Hall omgewing. Het u dalk vir my raad? Watter gras beveel u aan moet ek aanplant? Dankie vir u tyd, Kerneels Foord.
            • Lusern vir wild

              Watter wildsoorte sal nadelig be?nvloed word deur aangeplante lusern wat vrylik beskikbaar is vir hulle?
              • Grasaanplantings vir wildsplaas in Oos-Vrystaat

                Ek het ‘n wildsplaas in Zastron (Oos- Vrystaat teen Lesotho) met elande, swart wildebeeste, sebras, takbokke, rooibokke en blesbokke. Ek is besig om die hele plaas se erosie teen te werk en deel daarvan sal wees om die kaal kolle (ongeveer 20m x 20m) te “rip” en gras aan te plant. Ek is maar nuut in die boerdery en u hulp sal waardeer word.
                • Grasaanplantings vir wildsplaas in Oos-Vrystaat

                  Ek het ‘n wildsplaas in Zastron (Oos- Vrystaat teen Lesotho) met elande, swart wildebeeste, sebras, takbokke, rooibokke en blesbokke. Ek is besig om die hele plaas se erosie teen te werk en deel daarvan sal wees om die kaal kolle (ongeveer 20m x 20m) te “rip” en gras aan te plant. Ek is maar nuut in die boerdery en u hulp sal waardeer word.
                  • Smaaklike grasse vir wild

                    Wat is die top vyf grasse in orde van smaaklikheid vir wild? marcel@saamstaan.co.za
                    • Wild op 2 hektaar

                      Ek het 2 hektaar met goeie rooigrond in Bainsvlei net buite Bloemfontein. Ek wil graag 'n dammetjie bou en wild aanhou. Daar is tans geen heining nie en ek beplan om bonnox te span. My buurman gaan die grond omploeg en smutsvinger plant. Ek hou van gemsbokke, lechwes en njala's. My vraag is: Watter een van die drie sal jy aanbeveel. Sal die smutsvinger genoegsame weiding wees en hoeveel kan ek aanhou? Is hulle springers of kruipers en hoe hoog…