Tef

← Terug na indeks
  • Tefbale word nat

    Ons het onlangs tefbale vervoer en die trok het nie seile daaroor gehad nie en die tefbale het nat gereën. Kan dit enige invloed op die kwaliteit van die produk hê?
    • Sny van tef

      Ek boer in Leeudoringstad en het so ‘n maand terug tef geplant. My vraag is wanneer is die beste tyd om die tef te sny en waarmee gaan ek die beste snyresultate kry , met `n slasher of met `n sekelsnyer. Hoe lank onder normale omstandighede neem die hooi om droog te word en kan ek die hooi vir my skape ook voer?
      • Kan ek tef vir skape gee en watter byvoeding moet ek in die winter gee?

        Kan ek tef vir skape gee en watter byvoeding moet ek in die winter gee?
        • Tef en hawer wisselbou

          Ek plant tef en hawer wat ek baal en verkoop aan perdeboere. Ek het in die somer van 2010 tef geplant en in die winter, hawer op dieselfde land. Ek het nou weer tef geplant en dit het totaal misluk. Dit wys natuurlik dat die hawer te veel voeding uit die grond uithaal. Wat is ’n beter opsie vir my om te volg? Kan julle my asseblief help met ‘n wisselbouprogram van gewasse wat my sal help om nie my…
          • Berging van ruvoer

            Vir hoe lank kan die volgende voer wat gebaal is in ronde bale, onder dak, in 'n toegeboude stoor geberg word voordat dit hul voedingswaarde verloor? (1) Mieliereste (2) Smutsvingergras (3) Tef (4) Lusern en (5) Eragrostis. Dankie.