Spesies

← Terug na indeks
  • Volhoubare weiveldbenutting

    Ek soek hulp om my natuurlike weiding se drakrag optimaal te bestuur. Het julle vir my inligting.
    • Vestiging van weiding onder spilpunt vir wild

      Ek wil 'n klein gedeelte aangeplante weiding onder spilpunt vestig vir wild op my grond. Watter tipe gewas sal jy aanbeveel? Die grondtipe en weiding word as volg beskryf: The predominant soil is of the Kimberley types (Red sand with limestone underground) and there is also a portion sand/loam soil. The grazing comprises typical "Avalos" and Camel thorn veldt with grass and shrubs. The grazing capacity falls in the 9 Ha/LSU area.
      • Winterweiding ingesaai by Tosca

        Ek is nuut in die veld van skaapboerdery. Ek is op soek na ‘n meerjarige gewas wat ek in die winter kan besproei vir skaapweiding. Ons boer in die Molopo-area naby Tosca. Daar is genoeg natuurlike weiding vir die somer. Ek wil winterweiding tussen die natuurlike weiding saai. Kan jy my raad gee asb.?
        • Aangeplante weiding in die sandveld

          Ek wil graag weet watter tipe weiding kan ek aan plant wat self voortplant? In die sandveld area? Kan lusern werk? Hoe kan ek die grond meer vrugbaar kry? Dan wil ek weet watter tipe vee is geskik om in die area te leef wat in die veld kan wei?
          • Aangeplante weiding vir bokke in Alldays

            Ek wil graag ‘n boerbokboerdery vestig op aangeplante weiding in Alldays. Ons gemiddelde reënval op die plaas is so tussen 250mm en 300mm per jaar. Die stukkie grond wat ek vir ‘n begin wil gebruik vir weiding is so 3 hektaar. Kan ek my bokke akkommodeer op ’n roteringsbasis of deeltyds laat loop op die weiding en dan in die veld? Watter soort gewas sal vir my bokke en my omstandighede geskik wees? Ek is ‘n jong boer wat nou…
            • Drakrag van weiding vir skape in ‘n roteringstelsel

              Eerstens dankie aan die webblad dit help geweldig baie. My vraag is: Ek sit op die plaas net buite Bloemfontein op die Petrusburg pad uit. Ek het ou droëlande wat al vir 12 jaar staan en die lande is nou vol met steekgras. Ek oorweeg om uit te brei met skaap op die lande. Dis 3 lande 15, 13 en 10 ha. Ek is in besit van ‘n groot hidroponiese voerkas, so die plan is om die skaap aan te…
              • Verhoging van drakrag van weiding in Noordwes

                Met watter tipe grassoorte kan die drakrag van die weiding in die Noordwesprovinsie verhoog word? Die weiding is nie onder besproeiing is nie?
                • Lam op aangeplante weiding in die Karoo

                  Ek boer in die Karoo. Die plaas is geleë in die Middelburgdistrik. Die oppervlakte is 8ha. Ek beplan besproeiing, maar die tipe besproeiing gaan afhang of dit 'n meerjarige of 'n eenjarige gewas is. Ek wil graag druppers insit, maar dis nie ekonomies as eenjarige gewasse geplant word nie. Ek wil graag merino ooie in die herfs en lente (ongeveer 2 x 3 maande weidings per jaar) laat lam op 'n land. Watter gewasse of mengsel van gewasse sal die…
                  • Aangeplante weiding vir beeste langs die Oranjerivier

                    Ek boer in die Noord-Kaap langs die Oranjerivier en het so 20ha onder besproeiing. Wil graag weet of dit enigsins moontlik is of die moeite werd is om aangeplante weiding te vestig en beeste op ’n permanente basis aan te hou? Watter tipe weiding moet gesaai word indien dit wel ekonomies die moeite werd is en hoeveel bees sal ek deur die jaar kan aanhou op die 20 ha. Ek het toegang tot so 500ha weiveld en’ n redelike stukkie…
                    • Wintervoer vir skape

                      Ek boer in Leeudoringstad met skape. Ek het laas jaar hawer en korog in verhouding met mekaar gemeng om beter resultate te kry en dit het gewerk. Die vraag is in watter verhouding kan ek sorom met hawer, sorom met korog en sorom met stoelrog plant. Van die lande kan besproei word en ander nie.