Skape

← Terug na indeks
  • Permanente weiding vir skape in klein kampies

    Kan u asseblief raad gee. Ek het 1,4 ha grond in Amalia NW wat ek vir skape wil gebruik. Daar is water wat gebruik kan word vir spreiers. Ek wil 30 Dormer ooie en een ram daar laat loop in 'n kampiestelsel. Die grond wil ek verdeel in 20 kampies. My plan is dan om die diere vir 2 of 3 dae per kampie te laat wei teen 3 ure per dag. Daarna wil ek hulle uithaal en droë voer…
    • Drakrag van weiding vir Dorpers

      Ek probeer ‘n aanduiding kry van hoeveel Dorpers per hektaar moontlik is? Wat vreet ‘n wit Dorper per dag? Aannames: Grond en gras is optimaal bemes Tipiese Ho?veld re?nvalseisoen (30km oos van Pretoria by Bapsfontein). Geen besproeiing. Weidingtyd: 10hoo vm tot 17hoo namiddag Snags kry skape voorgeskrewe byvoeding in kraal.
      • Skape op kikoejoe

        Ek beskik oor 1 Ha aangeplante kikuju, omhein met sekuriteit, wat sou die maksimum getal skaap wees wat aangehou kan word met byvoeding en indien 5 kampe en kraal geskep word?
        • Weidings wat lampersentasie kan benadeel

          Ek lees dat sekere plante jou lampersentasie kan benadeel as ooie dektyd daarop wei. Kan armmanslusern ook nadelig wees tydens dektyd? Wikus Pretorius
          • Afronding van lammers op aangeplante weiding in Namibië

            Ek boer in Namibië en is van plan om in die winter vir my so 'n klompie lammers op aangeplante weiding af te rond. Ek wil nie maer lammers koop nie, net lammers wat nog so bietjie afronding nodig het vir die mark. Watter tipe aangeplante weiding kan ek gebruik en watter roetine moet ek gebruik as ek hulle injaag op die aangeplante weiding? Pieter van Vuuren
            • Voerkostes vir lammers en kalwers

              Ek wil graag weet die kostes per lam, per dag tot op 60 dae, asook per lam op veld vir 60 dae en met watter voermengsel, so ook vir skape. Ek wil ook die kostes weet as ek speenkalwers koop en ek hou hulle vas vir 4 maande op veld, wat dit sal beloop per dag. Die speenkalwers se gewig sal begin op 220kg en ek wil hulle trek tot op 380kg. Ek wil die kostes uitwerk, om te sien…
              • Droogtevoeding vir skape

                Ek het raad nodig i.v.m. die voeding van 'n volrantsoen aan Merinoskape. Ek voer tans 'n mengsel bestaande uit Voermol Corn Candy (25 kg), hawer (160 kg), mielies (40 kg), voerkalk en ammoniumsulfaat (vir ramme) teen 400 g vir droë ooie en 500 g vir dragtige en lakterende ooie. Garsstrooi word ad-lib gevoer. Kan u aandui of dit voldoende is vir onderhoudsvoeding gedurende die droogte? Ek is ook van plan om 'n voermenger aan te skaf om 'n volledige rantsoen…
                • Voervloeiprogram vir skape

                  Ek soek inligting oor hoe om voervloei uit te werk na aanleiding van ‘n vorige vraag oor die skaapboerdery op 22 hektaar grond.
                  • Lammers grootmaak vir inkomste

                    Ek is 'n jong sitrusboer van Patensie. Ek het spasie naby my huis wat ek wil benut. Die gedagte om lammers groot te maak het by my opgekom. Maar ek het absoluut geen kennis daarvan nie! Watter ras lam koop ek? Watter massa lam moet ek aankoop? Op watter massa verkoop ek? Watter voeding gee ek hulle? Watter dosering moet hul ontvang met aankoms sowel as in die grootmaakproses? Bertus (bertuss@lantic.net)
                    • Organiese weiding vir Dorpers

                      Ek boer met 200 Dorper stoetooie in die Koster omgewing. Ek het pas 10 hektaar grond langtermyn gehuur wat genoeg water het om ook te besproei. Tans voer ek ten duurste en ek wil oorskakel na 'n proses waar ek grotendeels my eie voer produseer. Die lande is baie verwaarloos en het plek-plek alweer natuurlike weiding geword (hoofsaaklik oulandsgras) en daar is ook heelwat kikoejoe. Ek het die volgende behoeftes: 1. Om die diere solank as moontlik op die weiding…