Oumansoutbos

← Terug na indeks
  • Drakrag van oumansoutbos onder besproeiing

    Ek wil graag weet wat sal die drakrag van oumansoutbos wees as ek dit drupbesproei in die Prins Albert omgewing en of dit sal werk as ek dit vir die 4 "koue" maande bewei deur skape en bokke? Dan wil ek asseblief ook weet wat die drakrag van lusern onder besproeiing in die gebied is?
    • Oumansoutbos in Potchefstroom

      Ek wil graag weet of Oumansoutbos in my omgewing sal werk as voer? Ek het ’n plasie net voor Potchefstroom naby Klipdrifdam. Die temperatuur in mid winter daal enige iets van -9° tot -13°C met baie ryp. Ek sukkel om selfs inheemse bome hier te vestig. Dit reën baie goed om ons maar die "kol" is alles uiterstes vir een of ander rede.
      • Oumansoutbosaanplantings

        Ek wil graag meer uitvind oor die aanplant van soutbos. Hoe gaan mens te werk en watter voordele hou dit in vir skape?
        • Oumansoutbos as ruvoer

          Hier in die Karoo het ons aanhoudend droogte en is daar nie genoeg water om lusern aan te plant nie. Sal dit moontlik wees om lammers af te rond met u kragvoermengsel deur oumansoutbos as die ruvoerkomponent in die rantsoen te gebruik? As ek bv. klein kampies vol soutbos gebruik en dan die kragvoer daarby voer. Die lammers moet natuurlik reeds die soutbos vreet voordat begin word met die afronding. Wat is u opinie?