Konsultante

← Terug na indeks
  • Insaai van grasse in die Roggeveld

    Watter tipe grasse kan ek tussen natuurlike veld insaai om my drakrag te verhoog? Die plaas is tussen Sutherland en Middelpos geleë.
    • Weidingskundige in Suid-Kaap

      Weet julle miskien van 'n weidingskundige in die Suid-Kaap? Ek kry party snaakse antwoorde hier, by voorbeeld, lusern groei nie in Hoekwil nie, dis hoekom niemand dit aanplant nie! Nou hoekom sou dit nie groei nie? Ek wil ook my weiding verbeter. Ek hou ook van Armmanlusern, maar niemand hier ken dit nie! Lyk my ek moet maar my eie toetsstasie hier begin, lmga!
      • Weidingsgewas op sandgrond met hoë sulfaatinhoud

        Ek wil op 3 hektaar sandgrond, waar daar tans net proteabome en fynbos groei, weiding vestig. Hoe kan ek die sulfaatvlak van die grond afbring en watter gewas kan ek plant vir weiding vir skaap en bees?
        • Aangeplante weiding om speenkalwers af te rond in die Upingtondistrik

          Ek boer in die Upingtondistrik en wil graag aangeplante weiding plant om speenkalwers af te rond. Wil graag weet wat is die beste weiding om te plant wat in die klimaat die produktiefste kan wees. Vloedbesproeiing kan toegedien word. Wil ook weet watter voerrantsoen sal hand aan hand loop met die weiding? Dit gaan vir die grootste deel Bonsmara- en Santabeeste wees.
          • Inligting oor aangeplante weidings vir beeste in die Boland

            Ek oorweeg om weiding te vestig onder besproeiing en 'n paar vleisbeeste daarop te laat loop. Behalwe vir die streek en of die weiding hier sal aard (Boland), wat moet ek nog in ag neem? Verskil vleisbeeste se voedingsbehoeftes wesenlik van die van suiwelbeeste? Bied verskillende tipes gras wesenlike verskillende voedingswaardes? Dankie
            • Droëland aangeplante weiding in die Wes-Kaap

              Ek wil graag weet watter grasse geskik is om aan te plant in die Boland/Swartland. Geen besproeiing. Sal die Hoëveldgrasse soos Smutsvinger en Oulandsgras geskik wees vir die Kaap?
              • Inligting benodig oor aangeplante weidings om vrae te beantwoord

                Ek beoog om 'n gemengde veeboerdery op die been te bring en wil gebruik maak van intensiewe aangeplante weidings (as aanvulling van die natuurlike weiding) Watter weidings en kombinasies sal u aanbeveel wat veeldoelig van aard is, deurdat dit aan beeste, skape en selfs hoenders goeie weiding sal verskaf, sonder dat dit self onrealistiese water- en voedingbehoeftes het. Kan u asb. onderskei tussen weiding onder besproeiing en droogland aangeplante weidings? Dankie! Jaco