Hawer

← Terug na indeks
  • Grasaanplanting in sanderige grond in die winter-reënvalgebied

    • Aangeplante weiding vir beeste in die Langkloof

      Wat is die goedkoopste weiding wat gesaai kan word bv. hawer of lusern op lande met tonne klip in? Het besproeiing en drooglande. Lande word meestal vir beeste gebruik. Ek is in die Langkloof, Oos-Kaap
      • Voer vir winter

        Ek boer met 60 wit dorpers op ‘n klein stukkie grond by Hertzogville. Wat kan ek op ongeveer ‘n halwe hektaar turfgrond met kalk onder plant vir voer deur die winter? Dit sal besproei word, maar ek het nie ‘n onbeperkte hoeveelheid water nie. Ek oorweeg Japanese radyse.
        • Ideale planttyd vir winterweiding

          Wanneer is die ideale tyd om korog en hawer vir skape te plant? Ek het besproeiing. Die ooie is dragtig en ek wil die beste moontlike weiding vir hulle plant. Enige raad sal waardeer word.
          • Tef en hawer wisselbou

            Ek plant tef en hawer wat ek baal en verkoop aan perdeboere. Ek het in die somer van 2010 tef geplant en in die winter, hawer op dieselfde land. Ek het nou weer tef geplant en dit het totaal misluk. Dit wys natuurlik dat die hawer te veel voeding uit die grond uithaal. Wat is ’n beter opsie vir my om te volg? Kan julle my asseblief help met ‘n wisselbouprogram van gewasse wat my sal help om nie my…
            • Beeste vergiftig op hawerweiding

              Ek het haweraanplantings gedoen vir winterweidings.Gedurende die winter het twee beeste vermoedelik gevrek weens blousuurvergiftiging en ander het ernstige simptome van vergiftiging getoon na hul vir kort tye (4-5 ure) op die hawer gewei het. Die veearts, wat die diere behandel het, kon egter nie blousuurvergiftiging bevestig nie, maar het hul wel behandel vir vergiftiging. Die diere se simptome en nadoodse ondersoeke dui op tekens van blousuurvergiftiging. Die hawer het swaar ryp gehad en erge verwelking het plaasgevind. Sedert die…
              • Hawer as weiding

                Ek boer in die Oos-Vrystaat. Wat is die potensiaal om hawer as staande weiding te gebruik vir beeste tydens Augustus tot Oktober? Wat is die drakrag van hawer in terme van staande weiding?
                • Verskil tussen swarthawer en saia

                  Wat is die verskil tussen swarthawer en saia? En is hulle aalwurm bestand of nie? Annamarie
                  • Hawer en lusern vir weiding

                    "My lammers kom aan en weiding raak skaars, nou wil ek graag hawer en lusern op twee stukke grond vestig vir byvoeding, maar is onseker of die skape nie dalk sal opblaas nie."
                    • Hawer en lusern vir weiding

                      My lammers kom aan en weiding raak skaars, nou wil ek graag hawer en lusern op twee stukke grond vestig vir byvoeding, maar is onseker of die skape nie dalk sal opblaas nie. Maak ek die regte keuse met die twee gewasse of moet ek iets anders vestig vir weiding? - barendswart@msn.com