Wes-Kaap

← Terug na indeks
  • Bossieveld rondom Montagu as weiding vir skape

    Is die bossieveld teen die koppies rondom Montagu geskikte weiding vir Meatmasters?
    • Aangeplante weiding in die sandveld

      Ek wil graag weet watter tipe weiding kan ek aan plant wat self voortplant? In die sandveld area? Kan lusern werk? Hoe kan ek die grond meer vrugbaar kry? Dan wil ek weet watter tipe vee is geskik om in die area te leef wat in die veld kan wei?
      • Vleisbeeste op aangeplante weidings

        Ek het 40 ha gemengde, meerjarige, aangeplante weidings onder besproeing in Riversdal, in die Wes-Kaap. Hoeveel speenkalwers kan ek grootmaak per ha sonder enige byvoeding, of met byvoeding en watter beivoeding beveel julle aan, in watter formaat en hoeveelhede? baie dankie
        • Speenkalwers op aangeplante weiding in die winter in die Overberg

          Is dit goed om speenkalwers op die groen veld in die winter in die Overbergarea te laat loop? Op die land is klawer en lusern geplant.
          • Weidingskundige in Suid-Kaap

            Weet julle miskien van 'n weidingskundige in die Suid-Kaap? Ek kry party snaakse antwoorde hier, by voorbeeld, lusern groei nie in Hoekwil nie, dis hoekom niemand dit aanplant nie! Nou hoekom sou dit nie groei nie? Ek wil ook my weiding verbeter. Ek hou ook van Armmanlusern, maar niemand hier ken dit nie! Lyk my ek moet maar my eie toetsstasie hier begin, lmga!
            • Weidingsgewas op sandgrond met hoë sulfaatinhoud

              Ek wil op 3 hektaar sandgrond, waar daar tans net proteabome en fynbos groei, weiding vestig. Hoe kan ek die sulfaatvlak van die grond afbring en watter gewas kan ek plant vir weiding vir skaap en bees?
              • Inligting oor aangeplante weidings vir beeste in die Boland

                Ek oorweeg om weiding te vestig onder besproeiing en 'n paar vleisbeeste daarop te laat loop. Behalwe vir die streek en of die weiding hier sal aard (Boland), wat moet ek nog in ag neem? Verskil vleisbeeste se voedingsbehoeftes wesenlik van die van suiwelbeeste? Bied verskillende tipes gras wesenlike verskillende voedingswaardes? Dankie
                • Droëland aangeplante weiding in die Wes-Kaap

                  Ek wil graag weet watter grasse geskik is om aan te plant in die Boland/Swartland. Geen besproeiing. Sal die Hoëveldgrasse soos Smutsvinger en Oulandsgras geskik wees vir die Kaap?