Vrystaat

← Terug na indeks
  • Ideale planttyd vir winterweiding

    Wanneer is die ideale tyd om korog en hawer vir skape te plant? Ek het besproeiing. Die ooie is dragtig en ek wil die beste moontlike weiding vir hulle plant. Enige raad sal waardeer word.
    • Aangeplante weiding in Oos-Vrystaat

      Ek boer op 290ha in die Oos-Vrystaat, distrik Reitz, met vleisbeeste. Daar is ongeveer 40 ha ou lande wat meer as 6 jaar gelede bewerk was. Dit is nou begroei met slangbos en ‘n mengsel van grassoorte wat klaarbyklik nie goeie voedingswaarde het nie. Ek oorweeg om droëland weiding daarop te vestig. Wat sal die beste kultivar (of mengsel van gras en bv. peulgewasse) wees om aan te plant om vir my vroeë lenteweiding te gee en ook goeie hooi…
      • Aangeplante weiding vir ooie en lammers in die Phillipolis area in die Suidwes-Vrystaat

        Ek boer deeltyds in die Phillipolis area van die Suidwes-Vrystaat. Ek wil graag weiding aanplant vir my ooie en lammers. Wat sal u aanbeveel? Ek het hierdie mengsel op Landbou.com gekry. 15kg/ha Laatblom Swenkgras (kies een van die volgende cultivars Fuego of Jenna) plus 10kg/ha Vroegblom Swenkgras (kies een van Dovey, Cajun, AU Triumph) plus 3kg/ha Kanariegras plus 5kg/ha Kropaargras plus 5kg/ha Meerjarige Raaigras plus 2kg/ha Rooiklawer plus 1kg/ha Witklawer
        • Vestiging van armmanslusern in die Oos-Vrystaat

          Ek oorweeg dit om armmanslusern in die Oos-Vrystaat (Verkykerskop) te vestig. Navorsing wys op baie voordele, maar dit is nie algemeen in die omgewing nie. Enige advies oor die geskiktheid spesifiek uit 'n klimaatsoogpunt?
          • Aangeplante weiding vir skape in sentraal Vrystaat

            Ek wil 'n klomp klein landjies van 'n hektaar elk vestig met 'n goeie gras om my skape voltyds daarop aan te hou. Ek het genoeg water om so 6 ha intensief te kan besproei. Die landjies is almal turfgrond. Ek is woonagtig in die sentraal Vrystaat. Wat sal die beste gras wees om te vestig asook die DM opbrengs per ha? Watter getal ooie kan ek aanhou? Wat is die ideale lek?