Oos-Kaap

← Terug na indeks
  • Inplant van eenjarige gewasse in gevestigde lusern

    Ek wil graag weet of dit goeie praktyd is om hawer/gars tydens laat herfs in lusern met behulp van n "no till " planter in te plant en sodoende die wintergewas gedurende die lente te sny en baal. Die lusern word besproei mbv spilpunte en word hoofsaaklik gesny en gebaal vir eie gebruik en sommige word verkoop. Die rede vir my vraag is die volgende; 1.ons het gewoonlik n tekort aan goeie ru-voer in Sept/Okt en die winterweidings kan die…
    • Aangeplante weiding in Molteno

      Ek is n jong opkomende boer met baie idees en vrae. Ek woon in die Moltenodistrik in die Oos-Kaap. Ons winter is baie lank en baie koud. Temperature bereik tot -19° C. Ek soek ‘n kundige mening oor aangeplante weidings in ons distrik. Elke saadverspreider wil sy geld maak en gee volgens my mening nie ‘n in diepte antwoord op my vraag nie. Omdat dit so lank koud is, het ons ‘n kort groeiseisoen en as mens skoon lusern saai,…
      • Sorghum in die Karoo

        Ek wil graag uitvind of mens sorghum net buite Colesberg in die Karoo kan plant vir ekstra voer en watter tipe sorghum mens kan plant?
        • Aangeplante weiding vir skape

          Ek wil graag meer uitvind oor aangeplante weiding vir skape. Inligting soos bv. soorte saad om te saai, tyd van die jaar om dit te saai, hoeveelheid saad per vierkante meter, hoeveelheid skaap per vierkante meter, word benodig. Enige inligting sal baie welkom wees. Baie dankie.