Noordwes

← Terug na indeks
  • Koring, hawer en stoelrog as weiding

    Ek boer in Leeudoringstad. Ek wil graag hoor of ‘n mens nou koring kan aanplant en dit as weiding kan gebruik. Ek weet daar is boere wat dit so gebruik, maar wat is die proteїne van koring in vergelyking met ander wintergewasse?
    • Winterweiding ingesaai by Tosca

      Ek is nuut in die veld van skaapboerdery. Ek is op soek na ‘n meerjarige gewas wat ek in die winter kan besproei vir skaapweiding. Ons boer in die Molopo-area naby Tosca. Daar is genoeg natuurlike weiding vir die somer. Ek wil winterweiding tussen die natuurlike weiding saai. Kan jy my raad gee asb.?
      • Verhoging van drakrag van weiding in Noordwes

        Met watter tipe grassoorte kan die drakrag van die weiding in die Noordwesprovinsie verhoog word? Die weiding is nie onder besproeiing is nie?
        • Kropaargras in Noordwes

          Sal Kropaargras vir my in die Noordwes as aangeplante weiding werk? Ek het 7.5 hektaar onder besproeiing by Vaalkopdam asook 20 hektaar natuurlike weiding. Ek plant reeds Sudangras in die somer en Japanese radyse in die winter . Ek wil graag meerjarige gras vestig wat ek die hele jaar kan gebruik sonder om oor en oor te plant.
          • Wintervoer vir skape

            Ek boer in Leeudoringstad met skape. Ek het laas jaar hawer en korog in verhouding met mekaar gemeng om beter resultate te kry en dit het gewerk. Die vraag is in watter verhouding kan ek sorom met hawer, sorom met korog en sorom met stoelrog plant. Van die lande kan besproei word en ander nie.
            • Aangeplante weiding in Noordwes

              Ek het 2 hektaar weiding onder besproeiing. Ek wil kalwers en lammers afrond. Wat is die beste grasse om aan te plant? Ek ook 100 hektaar droëland bloubuffel? Ek is in die Ottosdal omgewing in Noordwes. Baie dankie.
              • Permanente weiding vir skape in klein kampies

                Kan u asseblief raad gee. Ek het 1,4 ha grond in Amalia NW wat ek vir skape wil gebruik. Daar is water wat gebruik kan word vir spreiers. Ek wil 30 Dormer ooie en een ram daar laat loop in 'n kampiestelsel. Die grond wil ek verdeel in 20 kampies. My plan is dan om die diere vir 2 of 3 dae per kampie te laat wei teen 3 ure per dag. Daarna wil ek hulle uithaal en droë voer…
                • Raaigras as weiding vir skape

                  'n Skaapboer in die omgewing (Potchefstroom/Fochville) het raaigras (of is dit ryegras) aangeplant op 1 ha onder besproeiing (4 kampe) en wei 90 ooie permanent (winter en somer) volgens hom op hierdie weiding. Ek het al by hom slaglammers gekoop op 52kg lewende gewig direk van die land af en moet sê ek was verheug om die vetgehalte op te merk by sy Dormerlammers (seker so graad 2-3). Ek het huidiglik so klompie Vleismerino/Dormer kruisings asook 'n paar stoet IDF…
                  • Ideale planttyd vir winterweiding

                    Wanneer is die ideale tyd om korog en hawer vir skape te plant? Ek het besproeiing. Die ooie is dragtig en ek wil die beste moontlike weiding vir hulle plant. Enige raad sal waardeer word.
                    • Armmanslusern en bloubuffelgras in die Vryburg omgewing

                      Ek het u artikel oor armmanslusern gelees en wou net vra of dit ook suksesvol op ou lande in die Vryburg omgewing (Noordwes Provinsie) geplant kan word. Ek wil graag weiding plant op my plaas (96hektaar) om die drakrag te verbeter. Sou u armmanslusern aanbeveel of iets anders? Elton Panizza