Mpumalanga

← Terug na indeks
  • Intensiewe skaapboerdery in Mpumalanga

    Ek is ‘n jongboer wat uit die Kalahari groener weivelde kom soek het in Limpopo, op die rand van Mpumalanga naby Stoffberg. Ek het ‘n lappie grond met potensiaal, maar ook baie turf. Ek het die laaste maand intensief ontbos en gevolglik is dit tyd om iets met die grond te doen. Ek het reeds sitrus gevestig op ‘n deel van die plasie en die beter akkerbou grond toegestaan aan kontantgewasse (1.6ha). My plan is om die 6ha wat ontbos…
    • Weiding vir skape op die Hoëveld

      Ons het 70 hektaar grond naby, Mpumalanga. Ons kry so ±700mm reën per jaar en ons wintermaande is maar koud (-8 en kouer met tye). Ons boer met so ‘n klompie skape en wil graag die plaas optimaal benut o.a. met natuurlike weiding. Ons het 2 hektaar lusern dormansie 11 onder besproeiing wat ongeveer 9-10 maande baie goed groei. Die res van die plaas is tans onder 12ha oulandgras en die ander dele is mengsels van gewone rooigras/dekgras ens. Wat…
      • Aangeplante weiding sonder besproeiing vir intensiewe skaapboerdery op die Hoëveld

        Ek het begin met intensiewe skaapboerdery op 15ha naby Meyerton in die Vaalddriehoek. Ek wil weiding aanplant vir die skape om op te wei asook om hooi te maak vir die winter. Ek het nie genoeg water om te besproei nie. Is Eragrostis ‘n goeie kultivar om aan te plant of sou u iets anders aanbeveel? My plan is om mielies en ander bestanddele vir byvoeding aan te koop.
        • Grasaanplanting in nat vlei in Belfast

          Ons wil graag gras, lusern of iets anders plant. Ons het ‘n vleiarea wat in die somer meer nat is as in die winter. Dit is ‘n groot stuk grond wat ons voel gemors word. Ons wil graag enige meerjarige grassoort plant. Is daar enige wat u kan aanbeveel? Ons plaas is te Belfast, Mpumalanga. Sal ook graag grassoort moet wees wat van somerreënval afhanklik is, want ons gaan nie beproei nie. Moet ook kan bewei, glo dit sal te…
          • Aangeplante weiding op plot in Middelburg (Mpumalanga)

            Ons het 'n plot gekoop buite Middelburg in Mpumalanga en op hierdie stadium is daar slegs mieliereste op die lande. Dit is nie 'n baie groot stuk grond nie en ek reken ons sal seker so 20ha of minder onder aangeplante weiding moet sit. Ons beoog om met boerbokke te boer en dus wil ek graag u mening hê oor wat ons kan aanplant. Ons het baie water op die plot en besproeiing was ons eerste opsie. Maar ons wil…
            • Ideale planttyd vir winterweiding

              Wanneer is die ideale tyd om korog en hawer vir skape te plant? Ek het besproeiing. Die ooie is dragtig en ek wil die beste moontlike weiding vir hulle plant. Enige raad sal waardeer word.