Limpopo

← Terug na indeks
  • K2 Droogtebestande kuilvoermielies

    Ons plaas is gelee in die Warmbad omgewing en ons wil graag kuilvoermielies begin plant op ons droeland ( geen besproeing) om gebruik te word vir kuilvoer. Ek het gehoor van K2 droogte bestand kuilvoermielies, maar ek is nie regtig seker waar om te begin nie. Dit gaan ons eerste poging wees om so tipe mielies te plant, enige advies? Ek is nog n jong boer wat nou eers begin. Enige hulp sal waardeur word.
    • Aangeplante weiding op sandgrond in Waterberge, Limpopo

      Ons boer teen die Sandrivier aan die voet van die Waterberge in die Limpopo-provinsie. Ons boer met 'n kommersiële beeskudde. Ons beoog om vertikaal uit te brei en wil permanente aangeplante weiding onder spilpunt besproeiing vestig. Ons het huidiglik raaigras geplant as groenvoer en winterweiding. Die grond is baie sanderig. Die natuurlike weiveld is goeie suurveld met hoë drakrag. Op 'n diepte van so min of meer 1m is daar ouklipbanke. Die banke is redelik ondeurdringbaar vir grondwater. Die gevolg…
      • Aangeplante weiding vir bokke in Alldays

        Ek wil graag ‘n boerbokboerdery vestig op aangeplante weiding in Alldays. Ons gemiddelde reënval op die plaas is so tussen 250mm en 300mm per jaar. Die stukkie grond wat ek vir ‘n begin wil gebruik vir weiding is so 3 hektaar. Kan ek my bokke akkommodeer op ’n roteringsbasis of deeltyds laat loop op die weiding en dan in die veld? Watter soort gewas sal vir my bokke en my omstandighede geskik wees? Ek is ‘n jong boer wat nou…
        • Eenjarige aangeplante somerweiding in Polokwane

          Ek woon net buite Polokwane op ‘n plaas. Ek het ongeveer 200 skape (ooie met lammers). Ek het Russiese gras geplant op 1ha en op die ander 0,8 ha het ek Brazseed geplant. Die Russiese gras is winter en somer groen, maar Brazseed slegs in die somer. Ek het nog 1ha wat ek kan plant . Ek wil vir die winter eenjarige gewas en hawer plant op die 1 ha. Wat kan ek in somermaande daarop plant? Die skape kry…
          • Vestiging van lusern in Bethal

            Ek wil net weet of lusern in die Bethal-omgewing sal aard? Die grond wat ons beoog om te gebruik is redelik diep rooi sand grond. Die watertafel is redelik vlak. Sal lusern met `n hoe dormansie beter vaar in die omgewing agv die lae temperatuur gemiddelde?
            • Skaapboerdery op kweek

              Ons is in die Waterberg omgewing wat meer op wild konsentreer, op 'n plot van 40 hektaar. Ons het ongeveer 50 skape van geen bepaalde ras. Weiding is ons grootste probleem. Ons het ongeveer drie hektaar kweek wat redelike weiding kan bied as dit reg bestuur word, hoop ons. Ek het die raad gekry om een en twintig kampe te span van 100vk meter elk en dan die skape elke dag te roteer vir 'n siklus van 21 dae, wat…
              • Ideale planttyd vir winterweiding

                Wanneer is die ideale tyd om korog en hawer vir skape te plant? Ek het besproeiing. Die ooie is dragtig en ek wil die beste moontlike weiding vir hulle plant. Enige raad sal waardeer word.
                • Aangeplante weiding vir wild in Messina-omgewing

                  Ons besit 'n wildsplaas in Messina nader aan Tshipise en soos u weet is dit 'n baie warm area en water is maar skaars as jy weg van die groot damme en riviere is. Ons het 'n paar boorgate , maar nie baie sterk nie. Die plaas is so 500 ha groot , met 'n verskeidenheid van veld: van rantjieveld , na grasvlakte , na digte mopanieveld. Ons wildsgetalle is besig om op te tel ( verskeie spesies o.a elande…
                  • Beste meerjarige grasaanplanting in Pietersburg-omgewing

                    Ek boer met Bonsmara beeste in Pietersburg omgewing. Het baie bloubuffel en witbuffels gras. Wil graag 'n meerjarige gras aanplant met die oog om meer massa deur die jaar aan te sit. Water is nie 'n probleem nie en die grond is sanderige rooi leem. Watter grassoort sal u aanbeveel dat ek aanplant? Iemand het Kow Kandy aanbeveel. Dankie. F.A. FERNS.
                    • Aangeplante weiding vir beeste

                      'n Leser wil weet watter grasweiding vir beeste aangeplant moet word en dr. Jasper Coetzee beantwoord haar vrae.