Gauteng

← Terug na indeks
  • Aangeplante weiding sonder besproeiing vir intensiewe skaapboerdery op die Hoëveld

    Ek het begin met intensiewe skaapboerdery op 15ha naby Meyerton in die Vaalddriehoek. Ek wil weiding aanplant vir die skape om op te wei asook om hooi te maak vir die winter. Ek het nie genoeg water om te besproei nie. Is Eragrostis ‘n goeie kultivar om aan te plant of sou u iets anders aanbeveel? My plan is om mielies en ander bestanddele vir byvoeding aan te koop.
    • Ideale planttyd vir winterweiding

      Wanneer is die ideale tyd om korog en hawer vir skape te plant? Ek het besproeiing. Die ooie is dragtig en ek wil die beste moontlike weiding vir hulle plant. Enige raad sal waardeer word.
      • Aangeplante weiding in Bronkhorstspruit omgewing

        Ek woon ongeveer 30 km vanaf Bronkhorstspruit, winters relatief koud, somers warm. Re?nval tussen 800-1200mm per jaar. Ek wil graag alternatiewe gras vestig omdat die plaas oorwegend suurveld is. Die plaas is gele? op 'n koppie en die bogrond is redelik klipperig. Groot gedeeltes van die plaas het ronde mierneste en dit wil voorkom of heelwat grassaad in die mierneste voorkom. Is daar spesifieke gras of ander gewasse wat u kan aanbeveel? Dit blyk dat grassaad nie maklik gevestig word…
        • Aangeplante weiding vir boerbokke in Gauteng

          Ek het so 30 hektaar waar ek drukbeweiding vir my boerbokke wil aanplant. Ek het baie water beskikbaar. Wat stel u voor moet ek plant? (somer en winter). Ek boer in die Hekpoortomgewing in Gauteng. Gerhard Pfaff