Droë Weiding

← Terug na indeks
  • Beheer van grasse wat laag in weidingswaarde is

    Watter metodes kan gebruik word om grasse wat laag in weidingswaarde is en wat oorheersend in kampe vir beeste groei, uit te roei of te minimaliseer. Dit is grasse soos terpentyn-, assegaai-, en stippeltjiegras.
    • Melasse op droë weiding gespuit

      Ek is van voorneme om jong beeste/speenkalwers in die winter aan te koop en dan op die veld af te rond vir 6-9 maande. Twee jaar se navorsing wys dat jong bees/speenkalwers die goedkoopste is gedurende die droë maande van Julie tot September. Aangesien sulke jong beeste dan van nature in 'n aggressiewe groeistaduim is, is ek oortuig dat met die gewigstoename van natuurlike groei (bereken op 900g-1.1kg/dag) daar redelike netto wins verseker is. Ek wil graag weet of die…
      • Kompetisie tussen boerbokke en beeste vir weiding

        Watter mate van kompetisie vir weiding vind plaas tussen boerbokke en beeste? Ons omgewing het baie struike en bome. Hoe kwesbaar is boerbokke vir jakkalse, veral lammers? Is dit nodig om hul snags op kraal te sit?
        • Aangeplante weiding vir droë lande

          Ek is besig met die ontbossing van ongeveer 200 hektaar “black en silver wattle”. Ek is 'n vleisbeesboer in Noordwes met tipiese ho?veldklimaat (ongeveer 600 mm reën gemiddeld in somer) en verneem graag wat die beste aangeplante weiding in dro? lande sou wees.