Grond

← Terug na indeks
  • Aangeplante weiding op sanderige grond onder spilpunt

    Wat is die beste voer om onder ‘n spilpunt te vestig vir die verbouing van Vleis Merino skape. Ek het 3ha onder spilpunt en wil graag die skape permanent vestig. Die grond is egter baie sanderig.
    • Lam op aangeplante weiding in die Karoo

      Ek boer in die Karoo. Die plaas is geleë in die Middelburgdistrik. Die oppervlakte is 8ha. Ek beplan besproeiing, maar die tipe besproeiing gaan afhang of dit 'n meerjarige of 'n eenjarige gewas is. Ek wil graag druppers insit, maar dis nie ekonomies as eenjarige gewasse geplant word nie. Ek wil graag merino ooie in die herfs en lente (ongeveer 2 x 3 maande weidings per jaar) laat lam op 'n land. Watter gewasse of mengsel van gewasse sal die…
      • Weidingsgewas op sandgrond met hoë sulfaatinhoud

        Ek wil op 3 hektaar sandgrond, waar daar tans net proteabome en fynbos groei, weiding vestig. Hoe kan ek die sulfaatvlak van die grond afbring en watter gewas kan ek plant vir weiding vir skaap en bees?
        • Aangeplante weiding onder vloed- en sprinkelbesproeiing aan Weskus

          Watter tipe weiding kan ek plant onder vloed- en sprinkelbesproeiing vir Boerbokke en Dorpers in Vanrhynsdorp, Weskusomgewing met taamlike brakwater vir winter en somer?
          • Aartappelverbouing afgewissel met aangeplante weidings

            Ek is tans besig met die beplanning van ’n besproeiingsprojek langs die Okavangorivier teen die grens van Angola. Ons beplan om hoofsaaklik aartappels te produseer, maar ook ander gewasse soos mielies, koring en uie. ’n Sekere gedeelte van die projek sal egter spesifiek vir aartappelproduksie en veral vir die produksie van siekte- en virusvrye aartappelmoere gereserveer word. Die gedagte is om die lande waarop aartappels verbou word, af te wissel met aangeplante weidings vir ’n aantal jare voordat daar weer…
            • Aangeplante weiding in die Vaaldriehoek

              Ek het ‘n 8.5 hektaar plot in die Vaaldriehoek wat ek pas gekoop het. Die eerste fase van ontwikkeling soos boorgat en huis en krale en drade is byna verby. My plan is om 1 hektaar kampe te maak met aangeplante weiding sodat die skape elke week in ‘n ander kamp kan loop. Ek het Dorpers. Ek het nodig om ‘n balans te kry tussen voervloei en gehalte ruvoer vir die skape gemik op prestasie d.w.s. vinnige groei vir bemarkingsdoeleindes.…
              • Aangeplante weiding in die Karoo

                Ek het tans 'n 2700 ha tipiese Karooplaas met bossies en gedeeltelik met kortbeen boesmangras. Daar is 'n paar kaal kolle wat ek graag met aangeplante weiding onder gedeelte besproeiing wil plant (so 6ha tot 8ha). Ek het Eskom krag, gaan windpomp met 3500l/u dompelpomp vervang, pomp na 60kl dam en dan vandaar wil ek met 'travelling irrigation system" dit besproei vir addisionele weiding en die kamp my 'lamkamp" maak. Ek sal graag wil weet watter aangeplante weiding julle sal…
                • Kraalmis as bogrond op weiding?

                  'n Leser vra of kraalmis op weiding, wat as bogrond moet dien, die wurmbelading op die weiding sal vererger?