Grasindringing

← Terug na indeks
  • Beheer van grasse wat laag in weidingswaarde is

    Watter metodes kan gebruik word om grasse wat laag in weidingswaarde is en wat oorheersend in kampe vir beeste groei, uit te roei of te minimaliseer. Dit is grasse soos terpentyn-, assegaai-, en stippeltjiegras.
    • Vervanging van oneetbare grasse

      Ek wil graag oneetbare gras in kampe van swartwitpense vervang met beter gras vir weiding. Het reeds bloubuffelgrassaad en het gedink om dit te hervestig, maar wil graag weet hoe om grond daarvoor voor te berei. Wil net gedeeltes in kamp plant, nie die hele kamp nie. Kan ek met ‘n ripper grond losmaak en dan saad in die rippervore plant met planter wat wiele het om saad vas te trap? Ek dink die planter is vir bloubuffelgras. Moet seker…
      • Hoe om ontslae te raak van terpentyngras

        Hoe kan ek terpentyngras bestuur sodat ek daarvan ontslae kan raak of moet ek die gras maar doodspuit en ander gras probeer vestig?
        • Eragrostis plana is aanduiding van oorbeweiding

          Ek het ’n plaas net anderkant Bronkhorstspruit. Van die kampe is vol taaipolle. Die skape en beeste eet al die gras rondom die polle. Ek is nie ’n kenner van gras nie maar ek dink nie ’n boer wil dit in sy kampe hê nie. Wat is die vinnigste en goedkoopste manier om van die polle ontslae te raak. gfmans@global.co.za
          • Rooigrasindringing van aangeplante weiding

            Ek neem die vrymoedigheid om u te nader na aanleiding van vrae wat u oor weiding beantwoord het in die Landbouweekblad. Ek het onlangs 'n plaas gekoop met onder andere aangeplante weidings en is van voorneme om dit volgende jaar met stikstof te bemes. Rooigras het egter ongeveer 10% van die aangeplante weiding ingeneem en nou wil ek graag weet of stikstof bemesting die rooigras sal benadeel? Maak stikstof rooigras dood of is dit bloot dat die ander weiding die…