Boerderypraktyke

← Terug na indeks
  • Dink nuut oor weiveldbestuur

    Veldweiding is en bly die goedkoopste voerbron vir die dier en daarom moet dit ten alle koste beskerm, bewaar en volhoubaar benut word. Hierdie aanhaling is vir my baie belangrik maar hoe voer ek dit in die praktyk uit?
    • Wortelgroei belangrik om van kennis te neem in weiveldbestuur

      Vertel my asb. meer oor hoe ek my weiveld kan verbeter?
      • Volhoubare weiveldbenutting

        Ek soek hulp om my natuurlike weiding se drakrag optimaal te bestuur. Het julle vir my inligting.
        • Riglyne vir skaapboerdery op aangeplante weiding

          Ek boer tussen Brits en Rustenburg en wil graag my skaapboerdery groter maak, maar het beperkte weiding. Wil graag uitvind of ek my skape op aangeplante weiding onder besproeiing kan laat wei en lam en die lammers saam met die ooie te laat loop tot slaggewig? Sal dit winsgewend wees en watse gras plant ek? Ek boer op die oomblik met swartkop dorpers. Kan ek hulle kruis met ’n vleisras en watse ras sal jy aanbeveel? Moet ek byvoeding by…
          • Boerbokke op aangeplante weiding en akkervergiftiging

            Ek wil met Boerbokke begin boer. Ek boer langs ‘n spruit met baie katbos en wil dit benut. Ek is ‘n saaiboer en wil graag weet of dit nie beter sou wees om op kleiner kampies met aangeplante weidings te konsentreer nie? Ek kyk veral na bestuur, diefstal, bedrading- en behuisingskoste. Is akkerbome geskik vir bokke?
            • Inligting benodig oor aangeplante weidings om vrae te beantwoord

              Ek beoog om 'n gemengde veeboerdery op die been te bring en wil gebruik maak van intensiewe aangeplante weidings (as aanvulling van die natuurlike weiding) Watter weidings en kombinasies sal u aanbeveel wat veeldoelig van aard is, deurdat dit aan beeste, skape en selfs hoenders goeie weiding sal verskaf, sonder dat dit self onrealistiese water- en voedingbehoeftes het. Kan u asb. onderskei tussen weiding onder besproeiing en droogland aangeplante weidings? Dankie! Jaco