Besproeiing

← Terug na indeks
  • Aanplanting van Japanese radyse en rape onder besproeiing

    Ek boer in Molteno. Ek verneem graag of die aanplantings van Japanese radyse en rape gedurende die lente (Sept) ‘n moontlikheid is. Ek het lande wat besproei kan word. Die gedagte is om ooie met lammers asook dragtige ooie daar op te laat wei. Voersorghums kan eers gewoonlik gedurende die laaste week van November aangeplant word vanweë die grondtemperatuur wat dan eers voordelig is vir ontkieming. Ek het al verskeie webtuistes besoek waar verwys word na lente aanplantings, maar alles…
    • Aangeplante weiding op sanderige grond onder spilpunt

      Wat is die beste voer om onder ‘n spilpunt te vestig vir die verbouing van Vleis Merino skape. Ek het 3ha onder spilpunt en wil graag die skape permanent vestig. Die grond is egter baie sanderig.
      • Waardetoevoeging op besproeide eenjarige weiding

        Hoe kan ek waarde toevoeg op eenjarige winterweiding?
        • Aangeplante weiding vir beeste onder spilpunt

          Ek boer so 70km van Bloemfontein af langs die Rietrivier. Ek het ‘n 30h spilpunt waar tans mielies besproei word. My groot doel is om my beesgetalle op te stoot. Wat is die beste gewas om onder besproeiing te plant en nog steeds nie te intensief te wees nie sodat ek meer koeie en kalwers per jaar op my grond kan aanhou? Ek is al vertel van brazeed en ander sê sorghum, ander sê Pannar se produkte. Elkeen sê sy…
          • Eenjarige gewasse vir aangeplante weiding onder besproeiing

            Dankie vir u antwoord op die net. Ek het ‘n vraag gevra oor aangeplante weiding vir bokke in Noordoewer. Ek het op ‘n ander plek ook gelees van Baster babala nutrifeed , voersorghum pac 8288 vir die somermaande en primora raaigras saam met die lang swenk vir die wintermaande. Wat is u mening, veral oor die somermaande ? Japie Mare
            • Aangeplante weiding onder vloed- en sprinkelbesproeiing aan Weskus

              Watter tipe weiding kan ek plant onder vloed- en sprinkelbesproeiing vir Boerbokke en Dorpers in Vanrhynsdorp, Weskusomgewing met taamlike brakwater vir winter en somer?
              • Boerbok- en skaapboerdery op aangeplante weiding in Prieska-area

                Ek wil 10 ha in 'n drukkampstelsel vestig vir Boerbokke en skape. Ek het gehoor boere in die Prieska, Douglas omgewing beoefen die stelsel reeds. Ek wil graag met hulle kontak maak of met enige kundige wat kan raad gee. Dankie, Lourens Kotze, Vanrhynsdorp
                • Aangeplante weiding vir wild in Messina-omgewing

                  Ons besit 'n wildsplaas in Messina nader aan Tshipise en soos u weet is dit 'n baie warm area en water is maar skaars as jy weg van die groot damme en riviere is. Ons het 'n paar boorgate , maar nie baie sterk nie. Die plaas is so 500 ha groot , met 'n verskeidenheid van veld: van rantjieveld , na grasvlakte , na digte mopanieveld. Ons wildsgetalle is besig om op te tel ( verskeie spesies o.a elande…
                  • Aangeplante weiding in Bronkhorstspruit omgewing

                    Ek woon ongeveer 30 km vanaf Bronkhorstspruit, winters relatief koud, somers warm. Re?nval tussen 800-1200mm per jaar. Ek wil graag alternatiewe gras vestig omdat die plaas oorwegend suurveld is. Die plaas is gele? op 'n koppie en die bogrond is redelik klipperig. Groot gedeeltes van die plaas het ronde mierneste en dit wil voorkom of heelwat grassaad in die mierneste voorkom. Is daar spesifieke gras of ander gewasse wat u kan aanbeveel? Dit blyk dat grassaad nie maklik gevestig word…
                    • Aangeplante weiding in die Vaaldriehoek

                      Ek het ‘n 8.5 hektaar plot in die Vaaldriehoek wat ek pas gekoop het. Die eerste fase van ontwikkeling soos boorgat en huis en krale en drade is byna verby. My plan is om 1 hektaar kampe te maak met aangeplante weiding sodat die skape elke week in ‘n ander kamp kan loop. Ek het Dorpers. Ek het nodig om ‘n balans te kry tussen voervloei en gehalte ruvoer vir die skape gemik op prestasie d.w.s. vinnige groei vir bemarkingsdoeleindes.…