Tef

← Terug na indeks
  • Aangeplante weiding sonder besproeiing vir intensiewe skaapboerdery op die Hoëveld

    Ek het begin met intensiewe skaapboerdery op 15ha naby Meyerton in die Vaalddriehoek. Ek wil weiding aanplant vir die skape om op te wei asook om hooi te maak vir die winter. Ek het nie genoeg water om te besproei nie. Is Eragrostis ‘n goeie kultivar om aan te plant of sou u iets anders aanbeveel? My plan is om mielies en ander bestanddele vir byvoeding aan te koop.
    • Vestiging van tef en oulandsgras

      Tot watter datum kan ‘n mens tef en oulandsgras plant? Moet jy grond omwerk of kan jy saad net strooi? Wat is die beste manier om die grasse aan te plant?
      • Tefbale word nat

        Ons het onlangs tefbale vervoer en die trok het nie seile daaroor gehad nie en die tefbale het nat gereën. Kan dit enige invloed op die kwaliteit van die produk hê?
        • Tefbale word warm

          Ek boer in die Addo-omgewing - 'n gebied met 'n hoë humiditeit. Ek plant tef en hawer as 'n wisselboustelsel vir tabak en ander groentegewasse. Ek plant gewoonlik November, Desember die tef. Normaalweg baal ek 3 snysels tef, hoofsaaklik as vierkantige bale, maar wel ook soms as ronde bale. My prosedure is om nadat ek dit gesny het, 'n wagperiode van 3 dae te hê voordat dit gebaal word. Die temperature wissel meestal dan van 24 tot 32 grade Celsius.…
          • Aangeplante weiding in Oos-Vrystaat

            Ek boer op 290ha in die Oos-Vrystaat, distrik Reitz, met vleisbeeste. Daar is ongeveer 40 ha ou lande wat meer as 6 jaar gelede bewerk was. Dit is nou begroei met slangbos en ‘n mengsel van grassoorte wat klaarbyklik nie goeie voedingswaarde het nie. Ek oorweeg om droëland weiding daarop te vestig. Wat sal die beste kultivar (of mengsel van gras en bv. peulgewasse) wees om aan te plant om vir my vroeë lenteweiding te gee en ook goeie hooi…
            • Is ammoniumsulfaat geskik vir tef?

              Indien ek ammoniumsulfaat oplos in water en ek spuit dit op tef, sal dit werk?
              • Kunsmis op Eragrostis?

                Hi Dr. Ek wil graag weet of dit nog die moeite werd is om nou kunsmis toe te dien om te baal in Februarie, en wat se kunsmis sal u aanbeveel. Dit is in die Heidelberg/Gauteng area. Wat se tipe gras sal u aanbeveel as ons aangeplante weiding wil vestig. Wat se effek sal kunsmis hê op suurgras, en sal dit enigsins die moeite werd wees om dit toe te dien, om die smaaklikheid en voedingswaarde te verbeter? Dankie.