Sorghum

← Terug na indeks
  • Aanplant van weiding op die Hoëveld

    Wat se weiding kan nou nog op die Hoëveld geplant word?
    • Herwinning van aangeplante weiding

      Ons het Smutsvingerlande wat erg besmet was met bankrotbos. Ons het die bankrotbos doodgespuit in 2013 en die veld het toe in dieselfde jaar afgebrand. Die lande het nou min Smutsvinger oor en is besmet met fyn kweek en dekgras. Ek wil die lande se weidingspotensiaal weer terugkry, maar ek sal die fyn kweek moet uitwerk. Watter ander eenjarige gewasse of dalk peulgewasse kan ek plant sodat ek die fyn kweek kan uitspuit, maar wat ek ook dan later kan…
      • Stoelrog, voer sorghum en babala as groenvoer

        Ek is net buite Bloemfontein en het 15 hektaar wat ek wil benut om met vee te spekuleer. Koop, maak vet en verkoop weer. Ek is nie seker van die grondtipe nie, dit is rooi sanderige grond en ek beplan om alles te besproei. Die besluit sal gegrond wees daarop of ek die vee op groenvoer kan laat wei. Ek het baie sterk boorgate waarvan die water in ‘n dam gepomp word waaruit besproei kan word. Indien dit nie moontlik…
        • Wintervoer vir skape

          Ek boer in Leeudoringstad met skape. Ek het laas jaar hawer en korog in verhouding met mekaar gemeng om beter resultate te kry en dit het gewerk. Die vraag is in watter verhouding kan ek sorom met hawer, sorom met korog en sorom met stoelrog plant. Van die lande kan besproei word en ander nie.
          • Aangeplante weiding vir beeste onder spilpunt

            Ek boer so 70km van Bloemfontein af langs die Rietrivier. Ek het ‘n 30h spilpunt waar tans mielies besproei word. My groot doel is om my beesgetalle op te stoot. Wat is die beste gewas om onder besproeiing te plant en nog steeds nie te intensief te wees nie sodat ek meer koeie en kalwers per jaar op my grond kan aanhou? Ek is al vertel van brazeed en ander sê sorghum, ander sê Pannar se produkte. Elkeen sê sy…
            • Sorghum in die Karoo

              Ek wil graag uitvind of mens sorghum net buite Colesberg in die Karoo kan plant vir ekstra voer en watter tipe sorghum mens kan plant?
              • Gars-sorghumpille en lusernpille as voeding vir beeste

                Ek wil graag weet of gars-sorghumpille dieselfde voedingswaarde as lusernpille vir beeste het?
                • Aanplant van weiding in suurveldgebied

                  Ek is in die Nylstroom-area, Limpopo. Ek wil graag weet watter tipe grasse ideaal is om aan te plant vir skape en beeste. Dit is 'n suurveldbioom.
                  • Aangeplante weidings vir Boerbokke en Dorperskaap in Namibië

                    Ek wil graag Boerbokke en moontlik Dorperskaap op aangeplante weidings aanhou in die Gobabis of Mariental/Maltahoë omgewing. Watter meerjarige gras of gewasmengsel sal goed werk in die omgewing? Ek wil graag weet of daar 'n indikasie is van die hoeveelheid water wat beskikbaar moet wees om die weiding te besproei. Watter metode van watertoediening sou die beste wees?
                    • Aangeplante weiding vir boerbokke in Gauteng

                      Ek het so 30 hektaar waar ek drukbeweiding vir my boerbokke wil aanplant. Ek het baie water beskikbaar. Wat stel u voor moet ek plant? (somer en winter). Ek boer in die Hekpoortomgewing in Gauteng. Gerhard Pfaff