Rhodesgras

← Terug na indeks
  • Weiding vir skape op die Hoëveld

    Ons het 70 hektaar grond naby, Mpumalanga. Ons kry so ±700mm reën per jaar en ons wintermaande is maar koud (-8 en kouer met tye). Ons boer met so ‘n klompie skape en wil graag die plaas optimaal benut o.a. met natuurlike weiding. Ons het 2 hektaar lusern dormansie 11 onder besproeiing wat ongeveer 9-10 maande baie goed groei. Die res van die plaas is tans onder 12ha oulandgras en die ander dele is mengsels van gewone rooigras/dekgras ens. Wat…
    • Aangeplante weiding op sandgrond in Waterberge, Limpopo

      Ons boer teen die Sandrivier aan die voet van die Waterberge in die Limpopo-provinsie. Ons boer met 'n kommersiële beeskudde. Ons beoog om vertikaal uit te brei en wil permanente aangeplante weiding onder spilpunt besproeiing vestig. Ons het huidiglik raaigras geplant as groenvoer en winterweiding. Die grond is baie sanderig. Die natuurlike weiveld is goeie suurveld met hoë drakrag. Op 'n diepte van so min of meer 1m is daar ouklipbanke. Die banke is redelik ondeurdringbaar vir grondwater. Die gevolg…
      • Plaasvervanger vir Smutsvinger

        Ek wil 1ha Smutsvinger aanplant, maar Pannar het glo nie saad nie. My bestaande kampe het reeds Smutsvinger en ek wil nie graag verander nie. Die spesifieke kamp het ek alreeds voorberei vir 2015 planting, maar oorgelaat tot dié jaar a.g.v. die droogte. Is daar ’ n alternatiewe gras wat ek kan plant bv. Buffels? Ek is in Suid-Gauteng.
        • Herwinning van aangeplante weiding

          Ons het Smutsvingerlande wat erg besmet was met bankrotbos. Ons het die bankrotbos doodgespuit in 2013 en die veld het toe in dieselfde jaar afgebrand. Die lande het nou min Smutsvinger oor en is besmet met fyn kweek en dekgras. Ek wil die lande se weidingspotensiaal weer terugkry, maar ek sal die fyn kweek moet uitwerk. Watter ander eenjarige gewasse of dalk peulgewasse kan ek plant sodat ek die fyn kweek kan uitspuit, maar wat ek ook dan later kan…
          • Regte tyd om gras te saai

            Ek wil gras saai bv. bloubuffel (Cenchrus ciliaris) of Rhodes (Chloris gayana) . Ek weet dit is nie die regte tyd om nou te saai nie , maar gaan dit so ‘n groot verskil maak as ek dit nou saai? En gaan diè tipe grassoorte beter groei in droë land of in ‘n land waar ek kan besproei?
            • Gewasse wat sal groei met brakwater

              Ons boer in die omgewing van Mariëntal, in die Suide van Namibië. Die boorgatwater in die omgewing is baie brak en bevat baie nitrate, sowel as ander elemente soos natrium en chloried. Is daar enige gewasse wat ons moontlik kan aanplant wat op hierdie tipe brakwater sal oorleef en veilig sal wees om vir vee as voer te gee?
              • Stoelrog, voer sorghum en babala as groenvoer

                Ek is net buite Bloemfontein en het 15 hektaar wat ek wil benut om met vee te spekuleer. Koop, maak vet en verkoop weer. Ek is nie seker van die grondtipe nie, dit is rooi sanderige grond en ek beplan om alles te besproei. Die besluit sal gegrond wees daarop of ek die vee op groenvoer kan laat wei. Ek het baie sterk boorgate waarvan die water in ‘n dam gepomp word waaruit besproei kan word. Indien dit nie moontlik…
                • Verhoging van drakrag van weiding in Noordwes

                  Met watter tipe grassoorte kan die drakrag van die weiding in die Noordwesprovinsie verhoog word? Die weiding is nie onder besproeiing is nie?
                  • Souttolerante weidings

                    Wat is 'n baie goeie souttolerante weiding (s) (of selfs kontantgewas) vir grond maar waar daar ook brakwater beskikbaar is as enigste besproeiing.
                    • Aangeplante weiding op plot in Middelburg (Mpumalanga)

                      Ons het 'n plot gekoop buite Middelburg in Mpumalanga en op hierdie stadium is daar slegs mieliereste op die lande. Dit is nie 'n baie groot stuk grond nie en ek reken ons sal seker so 20ha of minder onder aangeplante weiding moet sit. Ons beoog om met boerbokke te boer en dus wil ek graag u mening hê oor wat ons kan aanplant. Ons het baie water op die plot en besproeiing was ons eerste opsie. Maar ons wil…