Oulandsgras

← Terug na indeks
  • Intensiewe skaapboerdery in Mpumalanga

    Ek is ‘n jongboer wat uit die Kalahari groener weivelde kom soek het in Limpopo, op die rand van Mpumalanga naby Stoffberg. Ek het ‘n lappie grond met potensiaal, maar ook baie turf. Ek het die laaste maand intensief ontbos en gevolglik is dit tyd om iets met die grond te doen. Ek het reeds sitrus gevestig op ‘n deel van die plasie en die beter akkerbou grond toegestaan aan kontantgewasse (1.6ha). My plan is om die 6ha wat ontbos…
    • Stoor van Eragrostis (oulandsgras) ronde bale

      Hoe lank kan Eragrostis rondebale binne, buite onder seil en buite sonder seil op die Hoëveld gestoor word? Die reënval is ongeveer 600 mm per jaar.
      • Aangeplante weiding sonder besproeiing vir intensiewe skaapboerdery op die Hoëveld

        Ek het begin met intensiewe skaapboerdery op 15ha naby Meyerton in die Vaalddriehoek. Ek wil weiding aanplant vir die skape om op te wei asook om hooi te maak vir die winter. Ek het nie genoeg water om te besproei nie. Is Eragrostis ‘n goeie kultivar om aan te plant of sou u iets anders aanbeveel? My plan is om mielies en ander bestanddele vir byvoeding aan te koop.
        • Vestiging van tef en oulandsgras

          Tot watter datum kan ‘n mens tef en oulandsgras plant? Moet jy grond omwerk of kan jy saad net strooi? Wat is die beste manier om die grasse aan te plant?
          • Aangeplante weiding op plot in Middelburg (Mpumalanga)

            Ons het 'n plot gekoop buite Middelburg in Mpumalanga en op hierdie stadium is daar slegs mieliereste op die lande. Dit is nie 'n baie groot stuk grond nie en ek reken ons sal seker so 20ha of minder onder aangeplante weiding moet sit. Ons beoog om met boerbokke te boer en dus wil ek graag u mening hê oor wat ons kan aanplant. Ons het baie water op die plot en besproeiing was ons eerste opsie. Maar ons wil…
            • Hooi, bemesting en bespuiting van veld

              Die maak van hooi vanaf eragrostis-lande is 'n duur proses, maar tog baie noodsaaklik. Ek het 'n paar mediumraam-vleisbeeste en moet aan hulle voer voorsien gedurende die laatdroë winter. Om die lande te bemes, kos my 'n klomp geld en ek het gewonder of 'n onbemeste land nie voldoende sal wees vir hooi-maak nie? Wat is die kwaliteit van 'n onbemeste land se hooi en is dit dan slegs hoeveeldheid wat afneem as onbemes gelaat word? Hoe effektief is die…
              • Aangeplante weiding in Oos-Vrystaat

                Ek boer op 290ha in die Oos-Vrystaat, distrik Reitz, met vleisbeeste. Daar is ongeveer 40 ha ou lande wat meer as 6 jaar gelede bewerk was. Dit is nou begroei met slangbos en ‘n mengsel van grassoorte wat klaarbyklik nie goeie voedingswaarde het nie. Ek oorweeg om droëland weiding daarop te vestig. Wat sal die beste kultivar (of mengsel van gras en bv. peulgewasse) wees om aan te plant om vir my vroeë lenteweiding te gee en ook goeie hooi…
                • Vestiging van gras deur lekke

                  Watter grassade kan ek suksesvol in my lek meng sodat dit deur die beeste se mis geplant kan word? Ek boer in Boshof, Vrystaat.
                  • Aangeplante weiding in Bronkhorstspruit omgewing

                    Ek woon ongeveer 30 km vanaf Bronkhorstspruit, winters relatief koud, somers warm. Re?nval tussen 800-1200mm per jaar. Ek wil graag alternatiewe gras vestig omdat die plaas oorwegend suurveld is. Die plaas is gele? op 'n koppie en die bogrond is redelik klipperig. Groot gedeeltes van die plaas het ronde mierneste en dit wil voorkom of heelwat grassaad in die mierneste voorkom. Is daar spesifieke gras of ander gewasse wat u kan aanbeveel? Dit blyk dat grassaad nie maklik gevestig word…
                    • Opbrengs van Oulandsgras

                      Ek wil graag Oulandsgras aanplant. Kan iemand my dalk sê wat is die gemiddelde bale per hektaar wat afgehaal word en moontlik ook pryse van die grassoort? Ek weet dit hang ook af van hoeveel bemesting gegee word.