Kropaargras

← Terug na indeks
  • Kropaargras in Noordwes

    Sal Kropaargras vir my in die Noordwes as aangeplante weiding werk? Ek het 7.5 hektaar onder besproeiing by Vaalkopdam asook 20 hektaar natuurlike weiding. Ek plant reeds Sudangras in die somer en Japanese radyse in die winter . Ek wil graag meerjarige gras vestig wat ek die hele jaar kan gebruik sonder om oor en oor te plant.
    • Aangeplante weiding vir ooie en lammers in die Phillipolis area in die Suidwes-Vrystaat

      Ek boer deeltyds in die Phillipolis area van die Suidwes-Vrystaat. Ek wil graag weiding aanplant vir my ooie en lammers. Wat sal u aanbeveel? Ek het hierdie mengsel op Landbou.com gekry. 15kg/ha Laatblom Swenkgras (kies een van die volgende cultivars Fuego of Jenna) plus 10kg/ha Vroegblom Swenkgras (kies een van Dovey, Cajun, AU Triumph) plus 3kg/ha Kanariegras plus 5kg/ha Kropaargras plus 5kg/ha Meerjarige Raaigras plus 2kg/ha Rooiklawer plus 1kg/ha Witklawer
      • Aangeplante weiding in die Karoo

        Ek het tans 'n 2700 ha tipiese Karooplaas met bossies en gedeeltelik met kortbeen boesmangras. Daar is 'n paar kaal kolle wat ek graag met aangeplante weiding onder gedeelte besproeiing wil plant (so 6ha tot 8ha). Ek het Eskom krag, gaan windpomp met 3500l/u dompelpomp vervang, pomp na 60kl dam en dan vandaar wil ek met 'travelling irrigation system" dit besproei vir addisionele weiding en die kamp my 'lamkamp" maak. Ek sal graag wil weet watter aangeplante weiding julle sal…