Kikoejoe

← Terug na indeks
  • Intensiewe skaapboerdery in Mpumalanga

    Ek is ‘n jongboer wat uit die Kalahari groener weivelde kom soek het in Limpopo, op die rand van Mpumalanga naby Stoffberg. Ek het ‘n lappie grond met potensiaal, maar ook baie turf. Ek het die laaste maand intensief ontbos en gevolglik is dit tyd om iets met die grond te doen. Ek het reeds sitrus gevestig op ‘n deel van die plasie en die beter akkerbou grond toegestaan aan kontantgewasse (1.6ha). My plan is om die 6ha wat ontbos…
    • Wil kalk inploeg in suur grond

      Ek het nie groot grond nie, ongeveer 2 ha wat ek uiteindelik onder kikoejoegras wil hê. Ek merk dat daar redelik baie uintjies is wat altyd volgens my pa, ‘n goeie indikator is dat jou grond suur is. Wat ek graag wil weet, hoeveel ton landboukalk kan of moet ek op 2 ha inploeg en ook waar die naaste verskaffer in Rustenburg Noordwes is.
      • Aangeplante weiding op plot in Middelburg (Mpumalanga)

        Ons het 'n plot gekoop buite Middelburg in Mpumalanga en op hierdie stadium is daar slegs mieliereste op die lande. Dit is nie 'n baie groot stuk grond nie en ek reken ons sal seker so 20ha of minder onder aangeplante weiding moet sit. Ons beoog om met boerbokke te boer en dus wil ek graag u mening hê oor wat ons kan aanplant. Ons het baie water op die plot en besproeiing was ons eerste opsie. Maar ons wil…
        • Permanente weiding vir skape in klein kampies

          Kan u asseblief raad gee. Ek het 1,4 ha grond in Amalia NW wat ek vir skape wil gebruik. Daar is water wat gebruik kan word vir spreiers. Ek wil 30 Dormer ooie en een ram daar laat loop in 'n kampiestelsel. Die grond wil ek verdeel in 20 kampies. My plan is dan om die diere vir 2 of 3 dae per kampie te laat wei teen 3 ure per dag. Daarna wil ek hulle uithaal en droë voer…
          • Groenvoer vir skape dwarsdeur die jaar

            Ek het ‘n klein skaapboerdery (40 ooie) aan die gang. Tans voer ek hulle mieliereste as ruvoer en elkeen kry 200g van ‘n mengsel van geelmieliegruis en Maxiwol konsentraat in gelyke dele twee maal per dag. Verder beplan ek ses sirkels elk met ‘n radius van 25 meter waaronder ek groenvoer wil plant. Ek het reeds een met ‘n raaigrasmengsel geplant wat die winter baie goed gedoen het. Ek het ook reeds lusern geplant. My vraag is dit: wat moet…
            • Weidingsgewas op sandgrond met hoë sulfaatinhoud

              Ek wil op 3 hektaar sandgrond, waar daar tans net proteabome en fynbos groei, weiding vestig. Hoe kan ek die sulfaatvlak van die grond afbring en watter gewas kan ek plant vir weiding vir skaap en bees?
              • Kikoejoe as weiding vir skape

                Ek het al by 'n paar mense gehoor dat kikoejoeweiding hoë drakrag het vir skape en veral vir Meatmasters. Ek sal graag wil uitvind wat die waarheid agter hierdie stelling is.