Bloubuffel

← Terug na indeks
  • Vervanging van oneetbare grasse

    Ek wil graag oneetbare gras in kampe van swartwitpense vervang met beter gras vir weiding. Het reeds bloubuffelgrassaad en het gedink om dit te hervestig, maar wil graag weet hoe om grond daarvoor voor te berei. Wil net gedeeltes in kamp plant, nie die hele kamp nie. Kan ek met ‘n ripper grond losmaak en dan saad in die rippervore plant met planter wat wiele het om saad vas te trap? Ek dink die planter is vir bloubuffelgras. Moet seker…
    • Bloubuffelsgras gevestig met lote

      Kan Bloubuffel in Januarie suksesvol gevestig word van lote/plante wat korter gesny is in nuut voorbereide grond? Wat sou die waterbehoefte en bemesting benodigdhede wees? Die area is Messina met semi sand en rooigrond. Grasaanplanting gaan besproei word.
      • Regte tyd om gras te saai

        Ek wil gras saai bv. bloubuffel (Cenchrus ciliaris) of Rhodes (Chloris gayana) . Ek weet dit is nie die regte tyd om nou te saai nie , maar gaan dit so ‘n groot verskil maak as ek dit nou saai? En gaan diè tipe grassoorte beter groei in droë land of in ‘n land waar ek kan besproei?
        • Stoelrog, voer sorghum en babala as groenvoer

          Ek is net buite Bloemfontein en het 15 hektaar wat ek wil benut om met vee te spekuleer. Koop, maak vet en verkoop weer. Ek is nie seker van die grondtipe nie, dit is rooi sanderige grond en ek beplan om alles te besproei. Die besluit sal gegrond wees daarop of ek die vee op groenvoer kan laat wei. Ek het baie sterk boorgate waarvan die water in ‘n dam gepomp word waaruit besproei kan word. Indien dit nie moontlik…
          • Aanplant van weiding in suurveldgebied

            Ek is in die Nylstroom-area, Limpopo. Ek wil graag weet watter tipe grasse ideaal is om aan te plant vir skape en beeste. Dit is 'n suurveldbioom.
            • Aangeplante weidings vir Boerbokke en Dorperskaap in Namibië

              Ek wil graag Boerbokke en moontlik Dorperskaap op aangeplante weidings aanhou in die Gobabis of Mariental/Maltahoë omgewing. Watter meerjarige gras of gewasmengsel sal goed werk in die omgewing? Ek wil graag weet of daar 'n indikasie is van die hoeveelheid water wat beskikbaar moet wees om die weiding te besproei. Watter metode van watertoediening sou die beste wees?
              • Armmanslusern en bloubuffelgras in die Vryburg omgewing

                Ek het u artikel oor armmanslusern gelees en wou net vra of dit ook suksesvol op ou lande in die Vryburg omgewing (Noordwes Provinsie) geplant kan word. Ek wil graag weiding plant op my plaas (96hektaar) om die drakrag te verbeter. Sou u armmanslusern aanbeveel of iets anders? Elton Panizza
                • Aanplant van weiding vir Boerbokke in Orkney/Stilfontein

                  Ek wil graag met boerbokke begin boer in die Stilfontein/Orkney area. Die plot is teen die rivier gele?. Watter weiding soos bv. grasse kan ek in my kampe begin plant wat goed sal wees vir die boerbokke? Enige ander raad sal ook waardeer word.
                  • Aangeplante weiding vir wild in Messina-omgewing

                    Ons besit 'n wildsplaas in Messina nader aan Tshipise en soos u weet is dit 'n baie warm area en water is maar skaars as jy weg van die groot damme en riviere is. Ons het 'n paar boorgate , maar nie baie sterk nie. Die plaas is so 500 ha groot , met 'n verskeidenheid van veld: van rantjieveld , na grasvlakte , na digte mopanieveld. Ons wildsgetalle is besig om op te tel ( verskeie spesies o.a elande…