Bloubuffel

← Terug na indeks
  • Aangeplante weiding vir bokke in Alldays

    Ek wil graag ‘n boerbokboerdery vestig op aangeplante weiding in Alldays. Ons gemiddelde reënval op die plaas is so tussen 250mm en 300mm per jaar. Die stukkie grond wat ek vir ‘n begin wil gebruik vir weiding is so 3 hektaar. Kan ek my bokke akkommodeer op ’n roteringsbasis of deeltyds laat loop op die weiding en dan in die veld? Watter soort gewas sal vir my bokke en my omstandighede geskik wees? Ek is ‘n jong boer wat nou…
    • Groenvoer vir skape dwarsdeur die jaar

      Ek het ‘n klein skaapboerdery (40 ooie) aan die gang. Tans voer ek hulle mieliereste as ruvoer en elkeen kry 200g van ‘n mengsel van geelmieliegruis en Maxiwol konsentraat in gelyke dele twee maal per dag. Verder beplan ek ses sirkels elk met ‘n radius van 25 meter waaronder ek groenvoer wil plant. Ek het reeds een met ‘n raaigrasmengsel geplant wat die winter baie goed gedoen het. Ek het ook reeds lusern geplant. My vraag is dit: wat moet…
      • Aangeplante weiding vir beeste onder spilpunt

        Ek boer so 70km van Bloemfontein af langs die Rietrivier. Ek het ‘n 30h spilpunt waar tans mielies besproei word. My groot doel is om my beesgetalle op te stoot. Wat is die beste gewas om onder besproeiing te plant en nog steeds nie te intensief te wees nie sodat ek meer koeie en kalwers per jaar op my grond kan aanhou? Ek is al vertel van brazeed en ander sê sorghum, ander sê Pannar se produkte. Elkeen sê sy…
        • Vestiging van bloubuffel- en borseltjiegras

          Wat is die beste planter/vestigingsmetode vir bloubuffel- en borseltjiegras?
          • Aangeplante weiding in Molteno

            Ek is n jong opkomende boer met baie idees en vrae. Ek woon in die Moltenodistrik in die Oos-Kaap. Ons winter is baie lank en baie koud. Temperature bereik tot -19° C. Ek soek ‘n kundige mening oor aangeplante weidings in ons distrik. Elke saadverspreider wil sy geld maak en gee volgens my mening nie ‘n in diepte antwoord op my vraag nie. Omdat dit so lank koud is, het ons ‘n kort groeiseisoen en as mens skoon lusern saai,…
            • Inligting oor die mees ekonomiese boerderypraktyke op aangeplante weiding

              Ek boer hier in Stampriet, Namibië op 16 000 hektaar met 4 000 swartkop Dorpers en 400 koeie. Ek het 70 ha spilpunte opgesit en na baie somme het lusernverbouing na 'n te groot risiko gelyk en die toerusting sal my naby aan R4.5miljoen kos. Ek wil graag aangeplante weiding aanplant en dit is nou my vraag, speenkalwers of lammers of ooie. En ook watter tipe weiding, volgens GWK se produksiekoste gids lyk die speenkalwers na 'n goeie roep? Ek…
              • Aangeplante weiding vir bokke op Noordoewer

                Ek wil met bokke boer langs die Oranjerivier. Ek het 6 ha binnegrond wat ek kan vloedbesproei en 12 ha klipperige buitegronde wat ek ook kan besproei, indien ek water sou pomp. Ek beplan om die verste 4 ha met oumansoutbos te beplant, wat onder drupbesproeiing in klipgrond staan. Die vloedgronde het ek met lusern beplant, maar die vloed van die jaar het dit laat versuip. Ek is bang om weer 'n meerjarige gewas te plant omdat die rivier weer…
                • Beste meerjarige grasaanplanting in Pietersburg-omgewing

                  Ek boer met Bonsmara beeste in Pietersburg omgewing. Het baie bloubuffel en witbuffels gras. Wil graag 'n meerjarige gras aanplant met die oog om meer massa deur die jaar aan te sit. Water is nie 'n probleem nie en die grond is sanderige rooi leem. Watter grassoort sal u aanbeveel dat ek aanplant? Iemand het Kow Kandy aanbeveel. Dankie. F.A. FERNS.