Parasiete

← Terug na indeks
  • Entstof herhaling by jong varkies

    Goeie dag Ek het Landrass x big white kruisings van so 14 weke oud. Ek het hulle ontwurm met Piperazine op 6 weke en op 11 weke het ek skurfmeit opgemerk en hulle ECOMECTIN 1% gespuit. Die Skurmeit is beter alhoewel daar nog skurfte op die ster en kruis is. Ek wil weet hoe lank moet ek wag voor die dosering herhaal word. Ronel Elof
    • Potbelly vark hoes

      Wat is die oorsaak dat my potbellyvark hoes en wat kan ek hom gee om dit te stop?
      • Lintwurms by varke

        Is daar ‘n inspuitbare middel beskikbaar wat lintwurm by varke kan elimineer? Groete, Frans.
        • Entstowwe en immunisering van plaasdiere

          Ek wil net graag uitvind of die boek, “Entstowwe en immunisering van plaasdiere” deur Jan du Preez en Faffa Malan, weer in druk gaan kom en of ek die boek nog êrens in die hande kan kry? Dankie, Jacques de Villiers.
          • Braking by jong varke

            Ek kry gereelde braking by jong varkies. Varkies loop en klink of hulle wil braak, maar werklike braking vind nie altyd plaas nie. Die vark se kondisie gaan dan agter uit en hulle vrek uiteindelik. Ek koop varkies op 6 weke aan en slag dan na 3 maande. Watter entingsprogram kan ek volg vir die tydperk?
            • Spiroserkose van honde

              My hond vreet dikwels miskruiers en ek merk op dat hy moeilik sluk en soms opgooi as hy sy kos eet. My veearts vermoed dat hy ‘n besmetting met ‘n sekere rondewurm, Spirocerca lupi opgetel het. Vertel my meer van hierdie wurm.
              • Inentings vir varke

                1. Graag wens ek te verneem of daar enige inentings is wat moet plaasvind by jong varkies vanaf pasgebore tot op ouderdom 120 dae? 2. Is daar ‘n verskil tussen die inentings by hok- en kraalvarke? 3. Indien ‘n sog nie haar inspuitings gehad het voor die jonging nie, watter inentings kan die pasgebore varkies kry om hulle kanse op oorlewing beter te maak?
                • Die gebruik van houtas as ontsmettingsmiddel vir varkweiding

                  Kan ek houtas gebruik om kampies ( ongeveer 1 ha groot) waarin varke loop te ontsmet?
                  • Blaaswurms – Masels

                    Kan u my asb. raad gee oor blaaswurm (lintwurm)-besmetting. Die blaaswurms affekteer my Boerbokke hier in die Jansenville-distrik. Hoe kan ek die toestand beheer of van hulle ontslae raak? - Francis (Williamson-williamsom@telkomsa.net)