Brandsiekte

← Terug na indeks
  • Brandsiekte in honde

    Goeie dag. My baster worshond het in Des 2016 katgriep gehad en dit oorleef. Gedurende Jan 2017 het hy brandsiekte gekry. Ek het hom verskeie male met K10 sjampoe gebad sonder sukses. Ek het hom nou al 4 keer met ectodex gedip en bravecto gegee, ook sonder sukses. Wat staan my te doen
    • Velkondisies in honde en katte

      Kan iemand my dalk help asseblief? Ek het ‘n swart worshondjie gekruis met ‘n Jack Russel, baie oulike kruising! Sy het ‘n probleem: in die somer krap sy haar gedurig, hare val uit maar net vir ‘n kort periode dan gaan dit weer oor! Hierdie somer hou dit net aan en aan en sy bly krap. Sy kry nou al stukkende plekkies op haar vel, veral haar rug! Sy het al inspuitings gekry asook kortisoon en allergiepille. Ek het al…
      • Skaaphond se vel jeuk

        Ons (18 maand oue) skaaphond het so 3 weke gelede baie op sy rug begin rondrol asof hy jeuk. Ek het gedink dis vlooie, maar sien niks en ander honde en katte het ook geen teken van vlooie nie. Gisteraand het ek gemerk dat daar 'n area op sy kruis is (handpalm grootte) waar die hare kort afgebreek is en mens die vel duidelik kan sien. Die vel is vaalwit en lyk droog, maar glad nie stukkend of skubberig nie.…
        • Myte en luise in honde en katte

          Watter myte en luise kom voor op honde en katte en watter siektetekens veroorsaak hulle?
          • Jack Rusell kry someruitslag

            Ons hond (reun) kry elke jaar in die somer 'n uitslag op sy vel (op sy buik en onder die voete). Dit is ligrooi en jeuk. Die hond krap soms sy vel stukkend.Hy byt gedurig sy voete aan die onderkant. As ons babapoeier op die vel vryf, help dit vir 'n ruk. Ons vermoed dit is een of ander allergie? Die veearts het aanbeveel dat ons "Alergex’’ vir hom gee, maar geen sukses nie. Dit wil voorkom of hy dit…
            • Geel puisietjies op pens van worsie

              8 Jarige worsie het n uitslag ontwikkel van geel puisietjies oor haar pensgedeelte, waarna ons haar ontwurm het (Bob Martin Vetcare Dewormer). Nou kan sy nie vir langer as ongeveer 3min stilsit nie, dan hap-hap sy na agter, spring op en hardloop na n ander lêplek! Sy kry geen rus, en ons ook nie! Die uitslag lyk egter beter nadat ons haar gedip het. Omdat sy ’n huishondjie is, is dit erg steurend as sy nie tot ruste kom nie!!