Algemeen

← Terug na indeks
  • Brandsiekte in honde

    Goeie dag. My baster worshond het in Des 2016 katgriep gehad en dit oorleef. Gedurende Jan 2017 het hy brandsiekte gekry. Ek het hom verskeie male met K10 sjampoe gebad sonder sukses. Ek het hom nou al 4 keer met ectodex gedip en bravecto gegee, ook sonder sukses. Wat staan my te doen
    • Haarverlies in diere

      My buurman het 'n klein kalfie wat normaal gebore is met geen probleem nie. Na 'n ruk het sy hare net begin uitval vir geen rede nie en soveel so dat slegs 'n kwart van die kalf se lyf met hare bedek is. Wat kan die rede wees?
      • Velkondisies in honde en katte

        Kan iemand my dalk help asseblief? Ek het ‘n swart worshondjie gekruis met ‘n Jack Russel, baie oulike kruising! Sy het ‘n probleem: in die somer krap sy haar gedurig, hare val uit maar net vir ‘n kort periode dan gaan dit weer oor! Hierdie somer hou dit net aan en aan en sy bly krap. Sy kry nou al stukkende plekkies op haar vel, veral haar rug! Sy het al inspuitings gekry asook kortisoon en allergiepille. Ek het al…
        • Worshonde ruik sleg

          My worshonde krap aanhoudend en hul gee’n baie snaakse reuk af. Ek bad hul gereeld elke naweek met honde shampoo maar daar is geen verbetering nie. Ouderdom kan dit nie wees nie want die een is 5 jaar en die andereen 1 jaar oud.
          • Sere op hond se kop

            My hond kry iets op sy kop. Dit lyk soos vratjies en is swart. Dit het aanvanklik gelyk soos 'n bosluis, maar dit raak meer en groter. Wat kan dit wees? Kan ek iets koop wat sal help? - Dawn Hattingh (dawnva@feltex.co.za)
            • Skubbe op hond se neus

              My Boerboel het skubbe op haar neus. Ek weet nie of dit van die son is en of sy haarself so teen die sementmuur geskuur het nie, maar ek het al salf aangesmeer en dit gaan nie weg nie. Dit lyk soos erge sonbrand wat rowe gemaak het. Haar neus is ook baie sensitief. Het u raad vir my daarvoor?  - Tribelaj@eskom.co.za
              • Sere op hond se kop

                My hond kry iets op sy kop. Dit lyk soos vratjies en is swart. Dit het aanvanklik gelyk soos 'n bosluis, maar dit raak meer en groter. Wat kan dit wees?  Kan ek iets koop wat sal help? - Dawn Hattingh (dawnva@feltex.co.za)
                • Sonbrandmiddel vir honde

                  Hoe kan honde - veral dié met ligte kolle - teen die skadelike strale van die son beskerm word?
                  • Husky se sensitiewe neus

                    'n Leser se husky se neus bly afdop. Sy wil weet wat is die oorsaak daarvan en hoe om dié probleem op te los.
                    • Dermatitis by Doberman

                      Hoe moet 'n miniatuur Doberman Pincher behandel word met iets anders as kortisoon? Sy lek enige salwe af.