Endoparasiete

← Terug na indeks
  • Wurmbesmetting op weiding deur skaapmisbemesting

    Ek boer intensief met Dorpers op aangeplante weiding/langswenk en ja, ek sukkel ook maar om die wurms te beheer. Ek kry skaapmis van ‘n voerkraal naby aan my. Is daar ‘n moontlikheid dat ek meer skade doen as goed om mis op my weiding te gooi? Kan dit wees dat ek net wurms aanry saam met die mis.
    • Giardiose en koksidiose in honde en katte

      My hond was in ‘n diereherberg gewees en het nou ‘n diarree. Die veearts vermoed giardiose of koksidiose. Kan u my asb meer van hierdie toestande vertel.
      • Wurmbesmetting van honde en katte

        Watter is die mees algemene wurms wat honde en katte kan kry?
        • Lintwurms

          Ek het gehoor dat sommige lintwurms skadelik vir mense kan wees en selfs breinskade kan veroorsaak. Tog was ek altyd onder die indruk dat die wurm net in die dermkanaal voorkom. Kan iemand asb. meer lig werp op die onderwerp?
          • Sout in sandput

            Ek weet van die aanbeveling om growwe sout in sandputte te meng waar kinders gereeld speel om parasiete te beheer. Watter parasiete is ter sprake en waarop berus die beginsel?
            • Blaaswurms – Masels

              Kan u my asb. raad gee oor blaaswurm (lintwurm)-besmetting. Die blaaswurms affekteer my Boerbokke hier in die Jansenville-distrik. Hoe kan ek die toestand beheer of van hulle ontslae raak? - Francis (Williamson-williamsom@telkomsa.net)