Parasiete

← Terug na indeks
  • Probleme met vlooie op die werf

    My hele erf is oortrek van die vlooie. Wat kan ek gebruik om van die vlooie ontslae te raak?
    • Wurmbesmetting op weiding deur skaapmisbemesting

      Ek boer intensief met Dorpers op aangeplante weiding/langswenk en ja, ek sukkel ook maar om die wurms te beheer. Ek kry skaapmis van ‘n voerkraal naby aan my. Is daar ‘n moontlikheid dat ek meer skade doen as goed om mis op my weiding te gooi? Kan dit wees dat ek net wurms aanry saam met die mis.
      • Toetse om siektes in honde te bevestig

        Is daar ‘n bloedtoets om dadelik te kan bepaal of my hond katgriep het?
        • Giardiose en koksidiose in honde en katte

          My hond was in ‘n diereherberg gewees en het nou ‘n diarree. Die veearts vermoed giardiose of koksidiose. Kan u my asb meer van hierdie toestande vertel.
          • Wurmbesmetting van honde en katte

            Watter is die mees algemene wurms wat honde en katte kan kry?
            • Vlooi- en bosluisbesmettings op troeteldiere

              My troeteldiere het altyd vlooie op hulle. Hoe kan ek die vlooie beheer, want ek is raadop?
              • Spiroserkose van honde

                My hond vreet dikwels miskruiers en ek merk op dat hy moeilik sluk en soms opgooi as hy sy kos eet. My veearts vermoed dat hy ‘n besmetting met ‘n sekere rondewurm, Spirocerca lupi opgetel het. Vertel my meer van hierdie wurm.
                • Bosluisplaag in erf

                  Ek soek asb.dringend raad. Hoe op dees aarde raak 'n mens ontslae van bosluise, in en om jou huis. Dit blyk my dat dit nou 'n groot probleem in Kraaifontein is. Ek het ook 'n seuntjie van 1 jaar oud. Help asb...
                  • Vlooie in vakansiehuis

                    Ons het so wyle terug ‘n vakansiehuis gehuur. Spoedig het ons agtergekom dat die huis vol vlooie is en moes ons die hele vakansie spandeer om van hul ontslae te raak! Hoe is dit moontlik dat daar sulke groot hoeveelhede vlooie teenwoordig was terwyl daar nie oor die langtermyn konstant diere bly nie? 
                    • Lintwurms

                      Ek het gehoor dat sommige lintwurms skadelik vir mense kan wees en selfs breinskade kan veroorsaak. Tog was ek altyd onder die indruk dat die wurm net in die dermkanaal voorkom. Kan iemand asb. meer lig werp op die onderwerp?