Gedragsprobleme

← Terug na indeks
  • Hondjie urineer as sy aandag kry

    My Spanjoeltefie urineer as ons haar vryf as ons by die huis kom. Dit het begin nadat ek nie meer die reun op my erf het nie. Sy gaan sit sommer op 'n snaakse manier. So ek het darem 'n waarskuwing voor die tyd. Hoekom tree sy so op en hoe kan ek dit stop?
    • Urien van hond ruik suur

      My klein tefie is bang om uit te gaan gedurende swaar donderweer. Sy urineer in die badkamer elke keer op dieselfde plek. Ek droog dit met ‘n klein handdoekie op, was hande en gooi droë handdoek op die plek op die vloer. Sy urineer mooi op die handdoek, maar haar urine het die skerp suur/ammoniak reuk. Sy is 8 jaar oud. Dit is ’n nuwe ding, die bang wees vir die donderweer en binne urineer vandat my boerboelreun oorlede is.…
      • Katferomone se gebruik

        Wat is 'n katferomoon? Ek het gelees mens prop ‘n apparaat in die muur in. Wat is die doel daarvan? Het gelees die katferomoon moet vir 'n maand lank ingehou word, moet die kat dan 'n maand lank in die huis gehou word of slegs een tot twee weke?
        • Verhuis na plot met honde

          Ek verhuis na 'n plot. Daar is 'n ouerige boerboelteef en twee reuns op die plot wat 'n vorige huurder daar agtergelaat het. Die teef is nie gesteriliseer nie. Ek self het twee jong tefies een om en by 2 jaar en die ander een 'n jaar. Hulle is albei gesteriliseer. Sal die ouer teef die jonger honde aanval? Is dit beter om van die ouer teef ontslae te raak? As u my kan raad kan gee, sal ek dit…
          • Border Kollies en Great Danes baklei

            Ons het ‘n groot eiendom waarop 3 fabrieke en ‘n huis met 5 woonstelle en 7 gastekamers staan vir ‘n gastehuis waarmee sy gaan begin. Ons het 3 Border Colliehonde wat nog jonk is en het 2 Great Danes gekry wat ons fabriekperseel oppas. Hulle lê neuse bymekaar as daar niemand naby is nie. Sodra hulle egter iemand sien, baklei hulle verskriklik. Die Collies soek moeilikheid omdat hulle deur die heining na die Great Danes toe gaan. Ons is al…
            • Hinderlike gedrag van wyfiekat

              Ek het 'n wyfiekat, een en ‘n half jaar oud, wat een keer kleintjies gekry het en toe gesteriliseer is. Ek bly in 'n meenthuiskompleks, nou kla die mense die kat kom "miaauw" en "spray" in hul huise. Doen wyfie katte dit? As ek by die huis is, is sy altyd daar en slaap sy in haar mandjie of by my op die bed so ek weet nie wanneer sy dan rondloop nie. Asseblief help my want hulle wil hê…
              • Ongewone gedrag van Jack Russell–tefie

                Ons het ‘n Jack Russeltefie van omtrent so 2.5 jaar oud! Sy was gedek en ons het haar veearts toe gevat om gesteriliseer te word aangesien sy nie haar kleintjies sou kon dra nie (sy was deur ‘n motor raakgery toe sy ‘n jaar oud was en haar bekkenbene, heupe en rug is met draad aanmekaar gesit). Haar gedrag het nou ewe skielik verander! Die veearts sê sy was wel 2 weke dragtig toe hulle haar steriliseer, maar dis nou…
                • Hond kou aan bakkie se rubberstroke

                  Een van my 3 honde byt deesdae aan my bakkie se rubberstroke. Wat is moontlike oorsake?
                  • Katte urineer in huis

                    My katte ( 2mannetjies en 2 wyfies) is nou op 4 maande reggemaak. Die 2 wyfies (en partykeer die 1 mannetjie) urineer in die huis. Hulle verkies ons bed of die bank in die sitkamer. Hoe kan ek dit stopsit? Hoe kan ek hulle met die probleem help?