Hinderlike gedrag

← Terug na indeks
  • Gevaar om nuwe hondjiie in huishouding in te bring

    Ons het 2 Jack Russell tefies van ongeveer 7 jaar oud. Ons het so 2 jaar terug 'n Husky baba gekry en sy is na 3 dae doodgebyt deur die Jack Russels. Ons het hulle net bymekaar laat kom as ons by is, maar het op een of ander manier die hek tussen hulle oopgekry. Oor 2 weke kry ons 'n 8 weke oue rifrug tefie. Hoe gaan ons te werk om hulle gewoond te maak aan mekaar?
    • Tewe wat baklei

      Ons het ‘n tweeling Springer Spanjoele en nog ‘n sussie van die volgende werpsel. Die bruin en wit tweeling is amper 3 jaar oud en die swart en wit sussie is 6 maande jonger. Hulle is baie saggeaard en liefdevol. Ons werk van die huis af en die honde kry baie en ewe veel aandag. So elke dan en wan, gryp die 2 bruines mekaar en byt en baklei baie erg. Ons kry hulle glad nie uitmekaar nie en hulle…
      • Ouer honde het ‘n probleem met nuwe hondjie

        Ons het 'n boerboelreun, 6 weke oud wat nou vir 'n 2 weke "blootgestel" is aan ons Jack Russel reun (6 jaar oud)en Boston Terrier teef (3 jaar oud) . Ouma het 'n Labrador teef (8/9 jaar oud)wat ook saam ons op die perseel bly en sy is maar die rede hoekom ons besluit het om 'n nuwe groot ras baba hond te kry. Die Labrador wil niks met baba te doen he nie, as hy naby haar kom staan…
        • Aggresiewe Jack-Russell-kruising

          Ons het 3 honde. Die worsie is 5 jaar oud, Pug kruising is ook 5 jaar oud en worshond-Jack Russell kruising is 3 jaar oud. Die jongste is 1,5 jaar gelede aangeneem vanaf die DBV. Hulle is drie tefies en gesteriliseer. Voor die aanneming van die jongste, het die Pug en worshond nog nooit aggresief geraak met mekaar nie. Vandat ons die jongste een aangeneem het, knor sy gereeld vir die worshond. 'n Paar maande terug het sy die worsie…
          • Honde vreet grond

            Ons honde eet van tyd tot tyd rooigrond. Krap gras uit, maak gat en eet dan die vars en effe klam grond. Is dit 'n tekort en indien wel, waarvan?
            • Hondjie loop rond

              Ek het 'n miniatuur Doberman pinscher tefie (15 maande) present gekry. Die vorige eienaars het haar weggegee omdat sy bly rondloop het. Hulle het in die dorp gebly en dus was die erf klein en daar was nog ‘n ander hond (reun gekastreer). Hier by my is sy op die plaas met ‘n groot erf en baie ander honde. Sy was op hitte by my en het toe probeer weg loop (gelukkig betyds gekeer) en nadat sy op hitte was,…
              • Reun wil alles dek

                My reun het vir die eerste keer ‘n teef gedek en nou is dit baie erg! Hy wil als wat voorkom dek en ons hou die teef weg sodat hy nie moet dek nie. Wat kan mens doen om sy hormone rustiger te kry sodat dit nie so erg is nie? Hoe lank het die teef nog voor haar siklus klaar is? Sy is al vir 16 dae op hitte?
                • Boerwindhondtefies se gedrag

                  Ek is van plan om vir my twee Boerwindhondtefies op dieselfde tyd aan te skaf sodat hulle saam kan grootword. Ek het reeds 'n reun wat ongeveer 2 jaar oud gaan wees wanneer ek die tefies koop. Ek hoor egter twee tewe is geneig om met mekaar te baklei wanneer hulle volwasse word. Nou wil ek weet of die probleem by windhonde voorkom of is dit net 'n probleem van bakleierige honderasse?
                  • Hondjie urineer as sy aandag kry

                    My Spanjoeltefie urineer as ons haar vryf as ons by die huis kom. Dit het begin nadat ek nie meer die reun op my erf het nie. Sy gaan sit sommer op 'n snaakse manier. So ek het darem 'n waarskuwing voor die tyd. Hoekom tree sy so op en hoe kan ek dit stop?
                    • Border Kollies en Great Danes baklei

                      Ons het ‘n groot eiendom waarop 3 fabrieke en ‘n huis met 5 woonstelle en 7 gastekamers staan vir ‘n gastehuis waarmee sy gaan begin. Ons het 3 Border Colliehonde wat nog jonk is en het 2 Great Danes gekry wat ons fabriekperseel oppas. Hulle lê neuse bymekaar as daar niemand naby is nie. Sodra hulle egter iemand sien, baklei hulle verskriklik. Die Collies soek moeilikheid omdat hulle deur die heining na die Great Danes toe gaan. Ons is al…