Algemeen

← Terug na indeks
  • Ouer honde het ‘n probleem met nuwe hondjie

    Ons het 'n boerboelreun, 6 weke oud wat nou vir 'n 2 weke "blootgestel" is aan ons Jack Russel reun (6 jaar oud)en Boston Terrier teef (3 jaar oud) . Ouma het 'n Labrador teef (8/9 jaar oud)wat ook saam ons op die perseel bly en sy is maar die rede hoekom ons besluit het om 'n nuwe groot ras baba hond te kry. Die Labrador wil niks met baba te doen he nie, as hy naby haar kom staan…
    • Honde en slange

      My Boerwindhondreun is glad nie bang vir slange nie! Is dit algemeen vir jaghonde om nie bang te wees vir slange nie? Ek het 'n Miniatuur Pincher gehad wat goed geweet het 'n slang is gevaar en ons altyd gewaarsku het. Nou wonder ek of dit sal help om weer 'n Pincher te kry? Wat is die kanse dat my windhond sal leer by die klein hondjie? My windhond is nog al hond wat ons het.
      • Katferomone se gebruik

        Wat is 'n katferomoon? Ek het gelees mens prop ‘n apparaat in die muur in. Wat is die doel daarvan? Het gelees die katferomoon moet vir 'n maand lank ingehou word, moet die kat dan 'n maand lank in die huis gehou word of slegs een tot twee weke?
        • Verhuis na plot met honde

          Ek verhuis na 'n plot. Daar is 'n ouerige boerboelteef en twee reuns op die plot wat 'n vorige huurder daar agtergelaat het. Die teef is nie gesteriliseer nie. Ek self het twee jong tefies een om en by 2 jaar en die ander een 'n jaar. Hulle is albei gesteriliseer. Sal die ouer teef die jonger honde aanval? Is dit beter om van die ouer teef ontslae te raak? As u my kan raad kan gee, sal ek dit…
          • Ongewone gedrag van Jack Russell–tefie

            Ons het ‘n Jack Russeltefie van omtrent so 2.5 jaar oud! Sy was gedek en ons het haar veearts toe gevat om gesteriliseer te word aangesien sy nie haar kleintjies sou kon dra nie (sy was deur ‘n motor raakgery toe sy ‘n jaar oud was en haar bekkenbene, heupe en rug is met draad aanmekaar gesit). Haar gedrag het nou ewe skielik verander! Die veearts sê sy was wel 2 weke dragtig toe hulle haar steriliseer, maar dis nou…
            • Vervoer van kat na nuwe omgewing

              Ek verhuis eersdaags met my kat na ‘n nuwe omgewing en woning, Hoe gemaak om my kat by my nuwe omgewing te laat inskakel en hoe vervoer ek my kat in die motor?