Aggressiewe gedrag

← Terug na indeks
  • Gevaar om nuwe hondjiie in huishouding in te bring

    Ons het 2 Jack Russell tefies van ongeveer 7 jaar oud. Ons het so 2 jaar terug 'n Husky baba gekry en sy is na 3 dae doodgebyt deur die Jack Russels. Ons het hulle net bymekaar laat kom as ons by is, maar het op een of ander manier die hek tussen hulle oopgekry. Oor 2 weke kry ons 'n 8 weke oue rifrug tefie. Hoe gaan ons te werk om hulle gewoond te maak aan mekaar?
    • Tewe wat baklei

      Ons het ‘n tweeling Springer Spanjoele en nog ‘n sussie van die volgende werpsel. Die bruin en wit tweeling is amper 3 jaar oud en die swart en wit sussie is 6 maande jonger. Hulle is baie saggeaard en liefdevol. Ons werk van die huis af en die honde kry baie en ewe veel aandag. So elke dan en wan, gryp die 2 bruines mekaar en byt en baklei baie erg. Ons kry hulle glad nie uitmekaar nie en hulle…
      • Ouer honde het ‘n probleem met nuwe hondjie

        Ons het 'n boerboelreun, 6 weke oud wat nou vir 'n 2 weke "blootgestel" is aan ons Jack Russel reun (6 jaar oud)en Boston Terrier teef (3 jaar oud) . Ouma het 'n Labrador teef (8/9 jaar oud)wat ook saam ons op die perseel bly en sy is maar die rede hoekom ons besluit het om 'n nuwe groot ras baba hond te kry. Die Labrador wil niks met baba te doen he nie, as hy naby haar kom staan…
        • Aggresiewe Jack-Russell-kruising

          Ons het 3 honde. Die worsie is 5 jaar oud, Pug kruising is ook 5 jaar oud en worshond-Jack Russell kruising is 3 jaar oud. Die jongste is 1,5 jaar gelede aangeneem vanaf die DBV. Hulle is drie tefies en gesteriliseer. Voor die aanneming van die jongste, het die Pug en worshond nog nooit aggresief geraak met mekaar nie. Vandat ons die jongste een aangeneem het, knor sy gereeld vir die worshond. 'n Paar maande terug het sy die worsie…
          • Boerwindhondtefies se gedrag

            Ek is van plan om vir my twee Boerwindhondtefies op dieselfde tyd aan te skaf sodat hulle saam kan grootword. Ek het reeds 'n reun wat ongeveer 2 jaar oud gaan wees wanneer ek die tefies koop. Ek hoor egter twee tewe is geneig om met mekaar te baklei wanneer hulle volwasse word. Nou wil ek weet of die probleem by windhonde voorkom of is dit net 'n probleem van bakleierige honderasse?
            • Hond kou aan bakkie se rubberstroke

              Een van my 3 honde byt deesdae aan my bakkie se rubberstroke. Wat is moontlike oorsake?
              • Aggressiewe skaaphond

                Ek het 'n 8 maande oue skaaphond. Sy is baie oulik en liefdevol. Al probleem is sy is baie jaloers en sy byt die skape. Sy het my skoonsus gebyt oor sy haar en een van die worsies wou keer om te baklei. Ek is op die punt wat ek een van twee keuses het. Die een net so moeilik soos die ander. 1. Ek laat haat uitsit. 2. Ek maak haar in 'n hok toe en laat haar net…
                • Honde wat baklei (2)

                  Ek het twee groot honde, ’n Boerboel en ‘n Doberman. Die Boerboel is 7 jaar oud en die Doberman 2 jaar oud. Hulle baklei nie te gereeld nie, maar as hulle die dag baklei dan baklei hulle vir tot 2 ure aanmekaar. Ons het al alles waaraan ons kan dink probeer om hulle uit mekaar te kry. 1. Gooi hulle met warm of koue water. 2. Gebruik die tuinslang en spuit hulle sopnat 3. Maak geraas en raas hard 4.…
                  • Twee reunhondjies wat baklei

                    My vriendin het twee reunhondjies van plus minus 'n jaar oud. Hulle het so 6 weke terug skielik begin baklei. Hulle is albei gekastreer en na vyf weke baklei hul nog steeds as hul bymekaar kom. Wat kan ons doen om die probleem op te los?
                    • Dominante Jack Russellreuntjie

                      Ek het twee Jack Russells. Die tefie is 2 jaar oud en die reuntjie 1½. Voordat ons hom gekry het, was die tefie baie spelerig en lewendig, maar hy was van die eerste dag af dominant en afknouerig. Sy is deesdae ‘n stil hondjie en dis asof sy bang is vir alles. Hulle kry baie aandag en niemand raas ooit met haar nie. Die reuntjie is buite beheer, kou alles, blaf as ons nie sy bal wil gooi nie, spring…