Afwykende eetprobleme

← Terug na indeks
  • Honde vreet grond

    Ons honde eet van tyd tot tyd rooigrond. Krap gras uit, maak gat en eet dan die vars en effe klam grond. Is dit 'n tekort en indien wel, waarvan?
    • Honde wat gras vreet

      Waarom eet al my honde heeldag gras?
      • Hond wat bye vreet

        Ek wil net graag weet of dit normaal is vir 'n Jack Russell om bye te vreet. Hy gaan letterlik onder die boom sit om die bye te vang en te vreet. Hy jeuk al vir ‘n hele ruk en ons het al alles probeer vir die gejeuk. Nou wonder ek of dit nie dalk van die bye is dat hy so jeuk nie?
        • Hond steel kos

          Ek het 'n wonderlike Rottweiler / rifrugkruising. Sy is so 6 jaar oud. Sy het vir die laaste maand die vieslike gewoonte aangeleer om kos wat binne reikafstand staan te "steel". Selfs fomo-vleisbakke wat in die vuilgoeddrommetjie in die kombuis weggegooi word, haal sy uit en eet dit sommer heeltemal op. Ek voer my honde al vir baie jare Superwoof wat ek by ons veearts koop. Sy sal 'n pakkie koekies met plastiekomhulsel en al opeet. Dis geweldig frustrerend omdat…
          • Hond wat vrugte uit kinders se tasse steel

            Ek verstaan daar is sekere soorte vrugte wat honde nie mag eet nie. Ons bokser steel die piesangs en appels en ander vrugte uit my kinders se tasse. Watter vrugte mag sy nie eet nie?
            • Hond eet vrugte

              'n Leser vra raad vir haar Pekingese wat vrugte en blikkieskos bo hondepille verkies en een van ons kundiges help.
              • Hond eet rou groente

                'n Leser wil weet waarom haar hond rou groente eet en een van ons kundiges help.
                • Teef vreet gesonde werpsel

                  Ek het 'n bulterrier-teef wat met haar 2de werpsel van 6 gesonde brakke ná 2 weke, 2 kleintjies lewendig opgevreet het. Help asb.