-
My beeste loop net op die veld (Hoëveld suurveld) in die winter met oulandsgrasbale en Voermol Premix 450 lek. Ek wil graag bepaal wat die waarde van mieliereste is en wil hoor of julle my kan help met die volgende: Sou ek mieliereste vergelyk met gemaalde mielies en die beeste loop in die veld met 'n lek sonder enige hooi. Hoeveel gemaalde mielies moet 'n bees op 'n dag vreet om dieselfde waarde te kry as wanneer hulle in die…
-
Wanneer moet begin word om vir diere winterlekke te gee?
-
Ons het sowat 40 pragtige Reds en woon op Onderstepoort, maar die weiding is nie na wense nie. Ek voer lusern in die laatmiddag waneer hulle kraal toe moet kom. Gedurende die dag kry hulle Smutsvingerbale asook mieliereste. Ek wil graag weet in watter verhouding ek Voermol se Molassepoeier kan meng met water en oor die Smutsvinger kan spuit sodat hulle dit meer smaaklik kan vind? Watter proteïenlek asook vitamienlek sal julle aanbeveel moet ek hulle gee? Watter hoeveelhede moet…
-
Kan ek tef vir skape gee en watter byvoeding moet ek in die winter gee?
-
Wat is 'n goeie aanvullingsrantsoen vir vleisskape in die Vrystaat gedurende winter- en somermaande vir ooie met lammers, droë ooie, ramme en speenlammers?
-
Ek het 'n pilmasjien aangeskaf om voerpille vir my vee te maak om tydens droogte en wintermaande te voer. Het u vir my dalk 'n resep vir skaap- en beesvoeding? Hoeveel en watter minerale moet ek byvoeg?
-
Watter konsentrasie melasse/ureum-mengsel in water kan op droë winterweiding uitgespuit word vir beeste en skape sodat hulle die gras sal vreet?