Weimielies

← Terug na indeks
  • Weimielies vir 300 ooie

    Ek het Smutsvingerlande vir die somermaande, maar ek wil 'n stukkie mielies plant so 10ha wat ek as staande hooi wil los vir die winter. Dit is vir sowat 300 ooie. Kan dit werk?
    • Weimielies vs groenvoer

      Stoorlammers op weimielies kan vir my 'n mielieprys van tussen R3000-R3400/ton gee. As ek lammers op groenvoer afrond, sal dit ook winsgewend wees soos weimielies?
      • Voerkraal vs weimielies

        Veronderstel ek het 200 lammers. 100 Lammers voer ek in ‘n voerkraal en 100 lammers sit ek op weimielies. As die twee met mekaar vergelyk word watter een is die winsgewendste? Werk asb. met die volgende gegewens: Mielieproduksiekostes R5000/Ha Stoorlamprys R21.50/kg Slagprys R44/kg Begingewig 30kg Eindgewig 53kg
        • Skape op weimielies

          Ek wil mielies plant om volgende jaar April/Mei te gebruik vir weimielies vir ooie met lammers. Die ooie lam April, opbrengs 4 ton per hektaar. Hoeveel ooie met lammers kan ek /ha dra en vir hoe lank? Watter byvoeding gee ek aan die ooie en lammers om die beste groei te verkry? Ooie lam elke 8 maande en kom dus weer Augustus by ramme.