Verpilling

← Terug na indeks
  • Kwaliteit van opgebergde voer

    Hoe lank kan voer geberg word en wat is die effek van berging op voerkwaliteit? Bv. hoe vergelyk die berging van lusernbale met kuilvoer en met ‘n verpilde produk?
    • Voedingswaarde van gras wanneer gekorrel

      Sal gras soorte soos kweek gras, kikoejoe en LM gras genoeg voedingswaarde hê as gekorrel word en gebruik word vir voeding vir dorper skape? Moet mielies of ander bron ook bygevoeg word?
      • Verpilling van lusernkuilvoer

        Is dit moontlik om lusernkuilvoer te verpil en nog steeds die kwaliteit te behou? Kan die kuilvoer met ander produkte gemeng word bv. gemaalde mielies en SS 200 en dan saam te verpil? Die rede is om vermorsing te verminder en vir beter voer gebruik.
        • Voedingswaarde van druiwedoppe

          Wat is die voedingswaarde van druiwedoppe? Ek wil dit graag in my pilmasjien gebruik vir die maak van voerpille vir my skape.
          • Voerpilresep vir droogte en wintermaande

            Ek het 'n pilmasjien aangeskaf om voerpille vir my vee te maak om tydens droogte en wintermaande te voer. Het u vir my dalk 'n resep vir skaap- en beesvoeding? Hoeveel en watter minerale moet ek byvoeg?
            • Die terminologie: Ram-, Lam- en Ooipil is verkeerd

              Waarvoor gebruik 'n mens die Ram-, Lam- en Ooipil? Dit kan mos nie gebruik word vir 'n ram, 'n lam en 'n ooi nie, of is die benaming net misleidend?
              • Voerkorrels vir ooie wat gaan lam

                Ek maak my eie voerpille: 35 % mieliemeel, 60 % lusernhooi en 5 % Kalorie 3000 bindmiddel. Is dit voldoende om Dohnemerino-ooie op rooigrasveld te laat lam in September in die Suid-Vrystaat teen 500 gram pille per dag per skaap en wolskaaplek 250 gm per dag per ooi?
                • Resepte vir lusern- en wildspille

                  Ons wil graag lusernpille en wildspille maak van ons oorskot mielies en lusern. Kan u my asb. help met resepte vir lusernpille asook wildspille? Ons wil ook graag ons surpluspille aan omliggende plase voorsien. Shani de Beer
                  • Samestelling van lusernpille

                    Watter samestelling sal 'n lusernpil hê en vir watter doel en teen watter volume sal 'n mens dit daagliks vir skape kan voer? [Die rede vir die vraag is - Ek het 'n volledige ge?ntegreerde voerprogram (Volvoer verpil) vir my skape na aanleiding van jou aanbevole mengsels, (sal op 'n stadium met jou deel). Ek beoog om my surpluspille in my nabye omgewing te bemark. My bemarkingsondervinding sê vir my die produk moet 'n doelgerigte produk wees en nie net…
                    • Voordele van verkorreling van voer vir skaapvoerkraal

                      Watter voordele sal die rantsoen wat u aanbeveel (100 kg gemaalde lusernhooi (25 mm-sif) + 575 kg gemaalde mielies + 200 kg Voermol SS 200 + 100 kg Voermol Procon + 40 kg Voermol Melassemeel) inhou in 'n skaapvoerkraal indien dit verkorrel word? Hoe sal die samestelling verskil in meelvorm en korrelvorm? Samestellings van altwee sal waardeer word.