SS 200

← Terug na indeks
  • Droogtevoeding sonder ruvoer vir skape

    Ek boer met Dorpers. Die weiding is klaar en die boere rondom my het ook nie meer gras nie. Wat sal gebeur as ek slegs kragvoer gee, bv. mielies en Maxiwol of mielies gemeng met SS200, maar daar is geen ruvoer vir die skape om te vreet nie.
    • Vetinhoud van SS 200 en SB 100

      Ek wil net graag weet wat die vetinhoud in SS 200 en SB 100 is? Ek het twee lammers gevoer vir huisgebruik, SS 200 met geelmeel, maar toe besluit hulle SB 100 met heel mielies is lekkerder en het nie weer van die ander mengsel geëet nie. Hulle het mooi uitgeslag net ‘n bietjie te vet. Hoe skadelik is dit vir ‘n lam om SB 100 te vreet met heel mielies want oorvet maak dit hulle beslis?
      • Medikamente in SS 200

        Wat is die medikamente wat in SS 200 voorkom? Ek wil graag skape op natuurlike manier afrond en is dus baie onseker oor die "medikamente" in afrondingsprodukte... Ek weet van voerkrale wat verlaagde dosisse antibiotika spuit as groeistimulant....!! Hoe kan ek met ’n geruste hart weet dat ek nie my diere iets voer wat my kinders en ander se gesondheid op die langtermyn kan benadeel nie en dit ter wille van meer geld?
        • Molovite en mielies teenoor SS 200

          Kruipvoer in die vorm van superlamkorrels word van dag 1 af gevoer. Na speen bly die lammers op groenvoer (langswenk). Kan ek met Molovite en mielies dieselfde groei kry as met SS 200?